Tuesday 4 May 2010

Kubus

So week of twee gelede het ek geloop en dink aan kubusse. Ek doen dit nogals. Nie dink aan kubusse nie, maar dink aan allerande goeters. Soos byvoorbeeld kubusse. Terwyl ek so loop en dink aan kubusse kon ek net eenvoudig nie dink wat die wiskundige formule van ’n kubus is nie. Waarna verwys ’n mens? Die vlakke? Die sye? Die hoeke?

Hoe sou ek 'n kubus sonder nommers beskryf? Maklik! So:

"'n Kubus is 'n sesvlakkige geometriese vorm waarvan elke vlak bestaan uit vier gelykesye en vier loodreghoeke. Elke sy van elke vlak word gedeel deur 'n sy van 'n ander vlak sodat elke vlak direk verbind is aan vier ander vlakke."

Die volgende oggend toe ek wakker word en in die bed lê toe dink ek nog steeds aan kubusse. Ek doen dit nogals. Lê in my bed en dink aan goeters. Soos byvoorbeeld kubusse. Ek lê en dink die oggend dat as X² ’n vierkant voorstel, en een so ’n vierkant is een vlak van ’n kubus, dan is ’n kubus seker 6X². (Dis wonderlik met watse oplossings jou onderbewudte vorendag kan kom terwyl jy slaap.)

Of 6X² die korrekte wiskundige konvensie is om ’n kubus mee te omskryf weet ek nie; dit is wel, glo ek, die korrekte formule om die oppervlakte area van ’n kubus te beskryf.

Die feit dat ek hierdie persoonlike Eureka oomblik rakende die wiskundige formule vir ’n kubus kon hê is ’n groot ding vir my. Ek het Wiskunde op skool op hoër graad geslaag, maar ek dink dit was ’n glips. Party mense is goed met nommers; ander met woorde. Vir my maak ses-eks-kwadraat meer sin.

So, hoe sou jy ’n kubus omskryf?

3 comments:

Skryfblok said...

'n Vriend het per e-pos laat weet dat:

As jy so 3D vorm vir ‘n CAD program moes verduidelik, sou jy die 3D ko-ordinate van die hoeke moes definieer en dit dan met lyne verbind.

Begin:

(x;y;z)

Hoek 1 = (0;0;0)

Hoek 2 = (0;0;1)

Hoek 3 = (0;1;0)

Hoek 4 = (1;0;0)

Hoek 5 = (1;1;0)

Hoek 6 = (0;1;1)

Hoek 7 = (1;0;1)

Hoek 8 = (1;1;1)

Franco said...

Area:

6x^2

Volume:
x^3

x is natuurlik due sy lengte van die kubus.

Goeie werk Sanko jy was reg met die oppervlakte!

Skryfblok said...

Dankie. Dis selde dat 'n ingeneur my komplimenteer op my poging aan Wiskunde.