Showing posts with label seoul. Show all posts
Showing posts with label seoul. Show all posts

Tuesday, 18 July 2017

My ITF Taekwon-Do private oefenspasie in Seoul, Suid-Korea

Kort na my tweede terug keer na Korea in 2008 (ek was van te vore hier vir ’n jaar), het ek uiteindelik ’n Taekwon-Do skool ontdek wat dieselfde tipe Taekwon-Do doen as wat ek doen. Ondanks ITF (International Taekwon-Do Federation) Taekwon-Do in Suid-Korea se weermag ontwikkel is, en as ’n internasionale organisasie hier in Seoul in 1966 geregistreer is, is daar ironies omtrent geen ITF Taekwon-Do skole in Suid-Korea nie. 

Die rede is dat die stigter, ’n voormalige tweester weergmagsgeneraal, Choi Hong-hee, was teen die diktator-president Park Chung-hee gekant. Choi en sy onderdane het die weermagskrygskuns Taekwon-Do ontwikkel, omdat die jong Suid-Korea op daardie stadium nie ’n gevegskuns vir die soldate gehad het nie. Park óók ’n generaal in die weermag het meer persoonlike ambisies gehad. Hy het staatshoof geword na ’n weermagsgedrewe staatsgreep. Park was veronderstel om slegs vir ’n kort rukkie aan bewind te wees, net om orde te herstel in die gebrekkige land, and dan sou hy kwansuis weer demokrasie herinstel. Soos gewoonlik die geval met mense wat aan bewind kom, was hy glad nie gretig om sy mag op te gee nie, en het selfs die konstitusie verander sodat hy langer aan bewind kon bly. Choi Hong-hee was gekant teen Park se klaarblyklike oneindige magsdrang. Park was natuurlik nie in sy noppies met die idee dat Choi, ’n generaal wat al hierdie krygers in die weermag onderhom het, hom teen staan nie, en het toe beplan om Choi te laat sluipmoord. Iemand het Choi van die planne laat weet, en so het Choi een aand uitgesluip en verdwyn. Hy het later in Kanada sy verskyning gemaak, waar vandaan hy met ’n goeie groep sterk Taekwon-Do meesters ITF gebou het tot ’n waarlik internasionale krygskuns. Park het waarskynlik onveilig gevoel met soveel soldate en burgers wat bevoeg is met ’n krygskuns wat moontlik hom kon ontverwerp, en het gevolglik veranderinge aangemoedig, sodat Taekwon-Do in Suid-Korea stelselmatig verander is in ’n gevegsport, eerder as ’n outentieke krygskuns. In die vroeë 1970’s is die WTF (World Taekwon-Do Federation) gestig. Sederdien is daar twee hoofstrome van Taekwon-Do in die wêreld. Die krygskuns gefokusde ITF, en die gevegsport gefokusde WTF. (WTF het vanjaar hulle naam verander na World Taekwondo, of te wel WT.)

Toe ek dus in 2006 in Korea aankom, kon ek nie ’n ITF skool vind nie. In 2008, met my tweede koms na Korea kon ek uiteindelik aan die einde van die jaar ’n ITF skool ontdek. Die enigste ITF skool in die hele Seoul-distrik. Darentee kan ’n mens gewoonlik meer as een WTF skool in elke buurt vind. Sedert 2008 was ek deel van daardie ITF skool, en het selfs daar begin afrig, as een van die ITF instrukteurs. Mettertyd het ek die hoof-instrukteur onder Meester Kim Hoon geword. Ons het baie geheg geraak aan mekaar, en hy het selfs vir my gesê dat ek moet hom as “ouboet” (in Koreaans) aanspreek, eerder as “afrigter”. Vir omtrent agt jaar was ek saam met Meester Kim Hoon, en vir ten minste vyf jaar was ek die hoof Taekwon-Do instrukteur by sy skool.  Sy gimnasium het verskeie aktiwiteite aangebied: Taekwon-Do, skopboks, stoei, Cross-fit, en pilates.

Meester Kim Hoon het voltyds krygskuns en ander aktiwiteite afgerig vir sowat 20 jaar. Die gimnasium het gewoonlik 9:30 of 10:00 oop gemaak, en sy laaste klas het rondom 22:00 geeindig. Hy was uitgeput, en het vele kere aan my onthul dat hy moeg is, en dat hy op ’n verlengde vakansie wil gaan, en die wêreld gaan toer. Uiteindelik, in Mei van hierdie jaar, het hy besluit om dit te doen. Aan die einde van Mei het hy die skool gesluit en ek is namens hom bly dat hy tans in Brasilië is, met ’n toer in Suid-Amerika.

Ongelukkig het dit ook beteken dat aan die einde van Mei-maand was ek skielik sonder ’n plek om te oefen en afterig. Ek het ’n handjie vol studente wat onder my geoefen het, en al ver gekom het, maar nog nie hulle swartbelde het nie. Ek het ’n verantwoordelikheidsin teenoor hulle gevoel, maar ook wou ek verseker dat ITF Taekwon-Do voortleef in Suid-Korea se hoofstad, al is dit net as ’n klein saadjie wat hopenlik eendag weer kan ontkiem en ’n grootboom word. Verder, jaarliks kom daar toeriste van heinde en verre Suid-Korea toe, mense wat ITF Taekwon-Do in hulle tuislande beoefen, en graag die vaderland van Taekwon-Do wil besoek en beleef. Ook vir dié mense wou ek ’n klein ITF-tuistetjie bied. Hoe tragies om al die pad Korea toe te kom, maar nie ITF Taekwon-Do te kan oefen nie.

Uiteindelik het ek besluit om ’n klein spasie te huur vir hierdie doeleinde. Ek het ’n dak-kamer gekry, in die middel van Seoul en het aan die begin van Julie daarheen geskuif. Dit is basies ’n enkelkamer op ’n woonstel se dak. Die kamer is waar ek toerusting soos slaankussings, fokusteikens, en ander krygskunsverwante gereedskap kan stoor. Dit sal ook moet dien as oefenspasie tydens slegte weer: reën of wintersmaande. Die dakspasie buite is waar die meeste van die oefening plaasvind. Die plekkie is nie ideaal nie, maar dit is al wat ek nou kan bekostig. Ek kon nie die groot gimnasium van Meester Kim Hoon oorvat nie (ek het in elk geval ’n werk, en wil nie ’n voltydse gimnasium ook probeer behartig nie), en met net ’n handjievol studente (moontlik twee ernstiges) het ek maar besluit op die dakspasie vir nou.




Die beoefening van krygskunste op dakke is eintlik nogal ’n tradisie in die stede van die Ooste. Selfs die bekende Bruce Lee se eerste instrukteur Ip Man het klas gegee op ’n dak in Hong Kong, en dit is waar Bruce Lee se krygskunsbasis gevorm is. Vir ten minste ’n jaar (die lengte van my huurkontrak) volg ek dan ook nou in die spore van Oosterse krygskunstenaars van die vorige eeu wat hulle dissipline op stadsdakke beoefen het. Ek gaan nie geld kan maak met hierdie affêre nie. Die spasie is te klein om meer as ’n handvol studente, dalk so min as drie of vier op ’n slag, te kan hanteer. Ek sal dalk af en toe ook privaatklasse daar aanbied, maar soos wat dit vir my lyk is hierdie uiteindelik meer ’n liefdesdaad as enige iets anders. Ek hoop maar net dat ek genoeg studente het dat ek nie ’n te slegte verlies maandelik sal lei nie.

En so het dit dan nou gebeur dat ek ’n klein privaat dojang op ’n dak in die middel van Seoul het. Gisteraand het ek buiteligte gaan hang, en vanaand se oefening was heerlik, so met die bekende Suidberg (Namsan) en Seoul-toring in die agtergrond.

Saturday, 2 January 2016

Some things I did in October 2015

October. I love October: Seoul International Dance Festival & Seoul Performing Arts Festival. I got to see many great performances.










I finally met a long time Facebook friend in person. We quickly became very good friends. And caught up with some old friends.







I wrote a little verse.

I had me preliminary PhD defence.


And I got final grade for my course work.



I got addicted to a new chocolate snack. But thankful overcame my addiction.


Went to the best dessert place in Seoul. (I go there maybe once or twice a year.)






Continued to enjoy great food throughout the month...









Made some art...



Met with some Taekwondo friends, masters and grandmasters.



And enjoyed the beautiful autumn weather...


The month concluded with a board game night with friends. (I skipped doing the Halloween partying thing.)

Some things I did in September 2015

The semester started, thus I started teaching again. This semester I taught Shakespeare Comedies for the first time. I settled on Twelfth Night and A Midsummer Night's Dream. In the first semester I was also required to teach Shakespeare -- then I taught tragedies. I prefer the tragedies over the comedies. And I prefer reading / watching Shakespeare over teaching it.

I bought a car.


And for Chuseok I went to Everland with some friends. They had a Halloween theme. The House of Horrors was surprisingly scary. I nearly punched or kick several of the actors. I don't think they should allow martial artists in those places.







The end of September was also the start of the annual international dance festival in Seoul. The opening show was a really fun flamenco performance.


Most of the month was spent working (lecturing) and writing my dissertation.

Here is something I wrote to someone at the start of the month.

I'm at that part of my PhD dissertation where I know what I need to do, but I'm not sure how to do it. The problem is that my original research question recently changed after a fruitful discussion with my supervisor. While I agree that the new research question is much better, the clear outline I had previously doesn't fit the new trajectory of my study. In other words, the road map I was working from has suddenly become obsolete after using it as the bedrock of my contemplations for two years, so now I'm driving down a road with just a vague idea of where I'm going.

And at the end of the month (29th) I posted this on Facebook:

5 am. I spent the whole night working on my dissertation. There were times that I spent nearly half an hour on one paragraph, struggling with some difficult parts of my argument. In the end, staying up all night was worth it though because I had an important break through towards the end (several handfuls of chocolate later). I have two more sections to my current chapter before I can start with the concluding chapter. Luckily I don't work today (Tuesday) on account of it being a public holiday, so I can sleep late and then tackle the remainder of this chapter. God-willing, I hope to finish this current chapter during Tuesday, although I cannot yet say if that is feasible or not. I have to be finished with the first draft of my dissertation before next week, as my preliminary PhD defense (first presentation) is a week from today, at which point I also have to hand in the first draft. Time is running out, but that also means that the end is in sight. But now it is time to sleep. I'm really tired.


Friday, 1 January 2016

Somethings I did in July 2015

A highlight for 2015 was going to China again. I will make a separate post (or posts) to share some of the photos I took in China. The trip included time spent in Hangzhou, Li Zhou, Zhuji, and Shanghai.


The trip was part volunteer work and part travel. Among other things, I taught some English and martial arts to Chinese young people.




During my final two days in Shanghai I went to a jazz club (The House of Blues and Jazz), which was a lot of fun.


To my great surprise, the performance Cavalia involving horses that I missed when it showed in Korea was showing in Shanghai. It felt like a great blessing to be able to see it.


The National Museum of China in Shanghai was a grand spectacle, with some fantastic art.






I felt very inspired by all the aesthetics of my China-trips, that I decided to make a real effort to start get into the habit of making art again. Below are some of the scribbles I did in both China, and back home in Korea in July.










I had a really great time in China, and lots of fun in Shanghai. It is a beautiful city -- or at least, the parts that I found myself in.

One things I seriously enjoyed in China was the food. I really, really, really loved the food.





















Back in Korea, I met up with my friend Bruce (Mingun) Park and Tae Eung Kim, both of whom I hadn't seen in over a year.



I went to my friend Mary's birthday party.


I also got my Korean driver's license.


And apart from my regular twice-weekly Taekwon-Do classes that I teach in Seoul, I also taught two ITF Taekwon-Do introductory workshops. The one was at an aviation college, and the other at the Seoul-Yeoksam Global Center.