Showing posts with label expatriate. Show all posts
Showing posts with label expatriate. Show all posts

Monday, 26 November 2012

Opname oor Afrikaanssprekendes in die Buiteland

Daar word tans statistiese navorsing gedoen oor Afrikaanssprekendes wie nie (meer) woonagtig is in Suider-Afrika nie. 

Daar sover 1200+ persone aan die aanlynopname deelgeneem vanuit oor die vyftig lande -- van Afghanistan tot Australië, van Ierland tot Israel, van Spanje tot Suid-Korea, van Viëtnam tot die VSA, en vele meer lande.

Die statistieke sover is insiggewend. Meer as 50% van die deelnemers meen dat die veiligheidsituasie in Suid-Afrika 'n hooffaktor is hoekom hulle tans in die buiteland is en oor die 40% voel dat daar nie meer 'n toekoms vir hulle in Suid-Afrika is nie. Nie een van hierdie twee redes was 'n pertinent rede hoekom ek die land verlaat het nie. My kruisie is gemaak langs: "'n Aantreklike werksgeleentheid is in die buiteland vir my aangebied," waarvan oor die 20% deelnemers gemotiveer is om die land te verlaat.

Hierdie is natuurlik nog net voorlopige stastiek, aangesien die opname steeds aan die gang is. 

Indien jy 'n Afrikaanssprekende is wat in die buiteland woon, vul asseblief die aanlynopname in:


Daar is ook 'n geaffiliëerde Facebook-groep wat baie aandag trek: