Sunday, 21 June 2015

Ou gevoelens

Terwyl ek deur my notas gaan opsoek na 'n ou gedig wat ek lank terug begin het, maar nooit klaar gemaak het nie, kom ek op hierdie kriebels af wat ek twee jaar gelede geskryf het:

Ek is in 'n baie slegte plek op die oomblik. Vir 'n geruime tyd was ek in 'n tipe langafstandsverhouding omdat my geliefde vir langdurige tye op reis is vir werksdoeleindes. In elk geval, gister het ons ons verhoudingstatus tot slegs-vriende herskryf. 

Ek het 'n verassende, tog waardevolle les geleer. Soms eindig verhoudings nie omdat mense mekaar nie genoeg lief het nie, maar omdat hulle mekaar te veel lief het. Die aard van ons verhouding en die lang tye wat ons verwyderd van mekaar was, was net te erg om te hanteer, veral aangesien ek met tyd net meer verlief raak, en meer intens lief kry. Weens 'n verskydenheid van veranderlikes (insluitende kulturele en godsdienstige verskille en ander komplikasies) het ons verhouding nie 'n volhoubare toekoms nie; 'n eventuele opbreuk is onvermydelik. Die liefdevolle ding om te doen was om dit te beëindig, want hoe langer ons aangehou het, hoe groter sou die eventuele skade aan onsself en ander om ons wees. 

Ek weet dat die beëindiging van ons verhouding was die regte keuse gewees, nietemin voel ek geweldig, ongelooflik, verskriklik hartseer. Dit is so pynlik omdat dit so kosbaar was. 

Ek was gister so emosioneel dat ek wou opgooi en het my oë dik gehuil. Ek huil nie oor dit die einde van ons verhouding is nie; ek huil omdat dit die einde van ons toekoms is.

Ek voel alleen en as 'n buitelander nog meer so. Ek kan nie help wonder of hierdie 'n voorsmakie van my uiteinde is nie: eendag mag ek myself oud, geïsoleer, en eensaam vind.

Twee jaar later, en darem kan ek sê dat daardie erg intense hartseer verby is. Dit beteken nie dat ek nie nog steeds gevoelens vir my eks het nie. Ons opbreuk was nie een van daardie toksiese eindes nie. Ons is steeds vriende en sien mekaar so elke paar maande vir 'n ete of 'n koffie en deel graag sekere hoogtepunte met mekaar. Sedert ons verhouding geëinding het, was ek nog nie weer in 'n ernstige langtermyn verhouding nie. Daar was 'n paar pogings wat nie van die grond af gekom het nie, en toe ek met my doktorsgraad begin het, het ek ook maar besluit dit is dalk beter om nie te veel afleidings te hê nie.

Ek dink steeds terug aan daardie gebrokenheid toe ek so "geweldig, ongelooflik, verskriklik hartseer" was, en daardie groot lewensles wat ek geleer het: die paradoks dat liefde soms die motivering kan wees om 'n verhouding te eindig. Die verhouding was in baie opsigte 'n "eerste" vir my gewees. Dit was my eerste ernstige verhouding met 'n Koreaner gewees. Ook die eerste keer dat ek in 'n verhouding was met iemand van 'n ander godsdienstige oortuiging -- of eerder godsdienslose oortuiging (ateïs). En verskeie ander eerstes. Ondanks die seer, is ek bly vir die groei en insigte wat dit tot gevolg gehad het. Dit is nogal 'n herhalende lewenstema, is dit nie: pyn bring groei. Dit is nie pyn wat ek weer wil hê nie, maar ek wil ook nie stagneer in my lewenstog nie. So is die lewe...


Thursday, 11 June 2015

Mmm...

“Growth is not a steady, forward, upward progression. It is indeed a switchback trail: three steps forward, two back, one around the bushes, and a few simply standing, before another forward leap.” -- Dorothy Corkville Briggs

Wednesday, 10 June 2015

Mmm...

“What is a fear of living? It’s being preeminently afraid of dying. It is not doing what you came here to do, out of timidity and spinelessness. The antidote is to take full responsibility for yourself – for the time you take up and the space you occupy. If you don’t know what you’re here to do, then just do some good.” -- Maya Angelou

Monday, 18 May 2015

Hong Kong New Years Trip

Some random photos of my trip in Hong Kong at the end of 2014, and into the new year. I was there for almost a week, and spent the first few days on Lama Island and then the final days on Hong Kong and Kowloon Islands. As always, I loved my visit to Hong Kong.