Tuesday, 23 July 2019

Mmm

“To make injustice the only measure of our attention is to praise the devil.” – Jack Gilbert

Thursday, 6 June 2019

Mmm...

If only there were evil people somewhere insidiously committing evil deeds, and it were necessary only to separate them from the rest of us and destroy them. But the line dividing good and evil cuts through the heart of every human being. And who is willing to destroy a piece of his own heart?

The Gulag Archipelago 1918-1956 (1973) by Aleksandr Solzhenitsyn is

'n Waardeuring van "Christ in the House of His Parents"

Onlangs het ek 'n arikel gelees oor rooikoppe in kuns. In die artikel word verskeie skilderye gewys met rooikoppe -- een daarvan is hierdie sklidery deur John Everett Millais, getiteld "Christ in the House of His Parents" (circa 1850). Met nadere kyk kon ek nie help om daardeur beindruk te wees nie. Die simboliek en intertekstuele verwysings is besonders en die tegniese vaardigheid van die werk is eenvoudig lieflik.

John Everett Millais' "Christ in the House of His Parents"
Die skildery wys 'n jong Jesus in sy pa Josef se houtwerk-werkswinkel. Hy het klaarblyklik sy palm aan 'n spyker gesny en die bloed drup op sy voet. Die bloed aan die palm en voet is duidelik 'n vooruitwysing na sy kruisiging. Sy moeder Maria kom om hom te troos, maar uit die gesigsuitdrukkings is dit eerder Jesus wat haar troos. Let op die besorgde frons van die moeder en die vreedsame uitdrukking van die kind. Jesus is ter verwagte die enigste van die figure wat heeltemal in wit geklee is, wat verwys na sy Kleed van Geregtigheid. Sy handgebaar (duim-teen-wysvinger) is 'n simbool uit Grieks-Romynse retoriek wat "perfek" of "uitmuntend" beteken, en toon natuurlik op Jesus as die Perfekte Mens.

Regs is Jesus se "nefie" Johannes die Doper wat 'n bakwater bring om die wond te was, 'n vooruitwysing op Jesus se doop. Buiten vir die bak water kan ons herken dat dit Johannes is weens die kameelvel rompie wat hy aan het -- 'n bekende simbool in klassieke kuns vir Johannes die Doper. Al is die seuntjie Johannes ouer as Jesus, is sy postuur effens vooroor in eerbied en nederigheid vir sy jonger "nefie".

Agter teen die muur is die houtwerkdriehoek, 'n simbool vir die Drie-eenheid en ook teen die muur is 'n leer. Die leer is 'n dubbele verwysing: eerstens na Jakob se leer in die Ou Testament, en twedens na die vele skildery wat Jesus toon wanneer hy van die kruis afgehaal word. Op die leer rus 'n duif, 'n simbool vir die Heilige Gees.

Links buite sien ons 'n pastorale toneel -- skape was 'n gewilde beeld in Jesus se gelykenisse. Die skape kyk in na die toneel van Jesus. Hulle hunker na Hom as die Herder. Aan die regterkant is 'n lampie in die venster. Die lamp (en lig) is 'n ander belangrike simbool in Jesus se spreuke.

Die houttafel verteenwoordig die offertafel (tabernakel / altaar). Aan die linkerkant staan 'n jong man met 'n veelkleurige kleed om sy heupe, waarskynlik 'n verwysing na Josef uit die Ou Testament. Dus is daar twee Josefs in die komposisie om die Ou Testament aan die een kant en die Nuwe Testament aan die anderkant van die "Offer" te verteenwoordig. Jesus is die tabernakel, die altaar wat deur spykers gewond word.

Die vrou-figuur agter is dalk Maria se moeder wat volgens oorlewering Anna is, maar ek verkies om te dink dit is eerder Elizabet, die moeder van Johannes die Doper. Nes Maria het sy ook 'n wit kopdoek aan om haar begunstiging voor God te toon. (Elizabet was kindloos tot op 'n bejaarde ouderdom totdat die Engel Gabriel aan haar man Zacharia verskyn het om aan te kondig dat Elizabet swanger gaan word. Dit was ook Gabriel wat aan Maria verskyn het om haar swangerskap aan te kondig.)

Hoe langer ek na die skildery kyk, hoe dieper en mooier raak dit vir my. Ek is steeds nuuskierig oor moontlike ander simboliek, byvoorbeeld die rooi turksevy blom, die rietmandjie voor-links (dalk 'n verwysing na Moses), en die houtskaafsels op die grond.

Daar is min kontemporere skilderkuns van so veelvlakkige diepte en betekenis het. Dit is jammer.

Die bekyk en besin oor hierdie skildery het my maak terug verlang na die tyd toe ek nog Kunsgeskiedenis gestudeer het. Ek het oorweeg om my meestersgraad in Kunsgeskiedenis te doen, maar ek kon dit nie bekostig nie en daar was nie 'n beurs vir Kunsgeskiedenis nie; daar was wel 'n beurs in die Skool vir Tale en gevolglik het ek my meestersgraad in Skryfkuns gedoen. Ek is nie spyt nie omdat dit vir my ook ander deure oopgemaak het, insluitende my huide pos as letterkunde dosent hier in Korea, maar my liefde vir die visuele kunste het nooit verminder nie.

Sunday, 28 April 2019

Mmm...

"The line separating good and evil passes not through states, nor between classes, nor between political parties either -- but right through every human heart -- and through all human hearts. This line shifts. Inside us, it oscillates with the years. And even within hearts overwhelmed by evil, one small bridgehead of good is retained."
Alexander Solzhenitsyn
Gulag Archipelagox