Showing posts with label birthday. Show all posts
Showing posts with label birthday. Show all posts

Tuesday, 21 July 2015

Some things I did in March 2015

After I came back from South Africa, I went to the Studio Ghibli exhibit that was in Seoul.


The end of February and start of March began with farewells to friends whose tenure in Korea came to an end. 



Of course, returning to Taekwon-Do training.


Going to a friend's birthday party...


and visiting the strange university with its own unique Korean religion.


On my own birthday I went to a Bobby McFerrin concert.


And got this cute little figurine as a gift from a close friend.


Since my birthday fell on an inconvenient day of the week for a celebration I decided to have a party on my lunar birthday instead, which conveniently fell on a Sunday. Some birthday party pics:












I had a nice time doing some Taekwon-Do research with two great Taekwon-Do academics.


More Taekwon-Do training.


And I went to the Ahn Joong-Geun museum and was party of a small group of people that rediscovered the dining room in which "Taekwon-Do" was founded in the Chosun Hotel in 1955.








Monday, 18 March 2013

'n (Sjinese) Verjaarsdag, klasdraf, 'n verstandtand en 'n romantiese zombie-fliek

Verlede week was my verjaarsdag. Ek dink volgens een of ander psalm in die Bybel het ek nou die helfde van my lewe geleef. So 'n mylpaal behoort gevier te word. Ongelukkig was daar geen geleentheid vir partytjie hou nie. Op dieselfde dag wat my verjaarsdag was, het ek van bitter vroeg tot goed laat klasgedraf. My doktorsgraadklasse is almal op eendag in geprop (ek kan slegs eendag per week by my werk afkry). Aangesien die universiteit waar ek studeer in 'n ander stad is moet ek reeds vroeg uit die vere en op die pad wees. Ek is juis tans oppad terug huistoe en sit op 'n bus en tik op my skootrekenaar. Die laaste klas het vanaand rondom 21:00 klaar gemaak, wat beteken dat ek so teen 23:00 tuis sal wees. En dit is 'n goeie aand--klasse is drie ure lank en die laaste klas wat om 19:00 begin kan by regte tot 22:00 aanhou, in welkgeval ek eers rondom middernag by die gaan kom.

Omdat ek verlede week my verjaarsdag gemis het, kry ek skielik die blink idee oor die naweek om my verjaarsdag op die Sjinese maankalender te volg eeder as die Gregoriaanse sonkalender. Baie Koreane vier hulle verjaarsdag op die maankalender eerder as die sonkalender. Ek gaan toe op 'n wilde soektog om uit te vind op watter dag is ek gebore volgens die Sjinese kalender en sien toe dat ek op die derde dag van die tweede maand gebore is. Die derde dag van die tweede maand val hierdie jaar op verlede Donderdag. Maw, ek het oor daardie geleentheid om my verjaarsdag te vier gemis.

So wat het ek verlede Donderdag gedoen? Wel, ek het 'n kiestand wat my al 'n rukkie lank pla en besluit toe verlede Donderdag om die tandarts te besoek. Nadat hy 'n X-straal van my kies geneem het kondig hy aan dat dit 'n verstandtand is wat die moeilikheid maak en dat ek dit sal moet verwyder, nou is goed. En toe sommer net daar en dan, sonder enige emosionele voorbereiding verloor ek 'n verstandtand, so op my Sjinese verjaarsdag. Getraumatiseerd besluit ek toe dat ek nie Taekwon-Do gaan oefen nie (nie met 'n seermond nie) en dat ek 'n fliek gaan kyk.


Die fliek was "Warm Bodies" -- 'n romantiese komedie met zombies. Die interesante ding vir my was toe ek so derde deur die fliek besef dat dit sowaar op Willem Bewespies se Romeo & Juliet gebasseur is. Toevallig is een van die klasse wat ek op universiteit aanbied "Shakespeare Films". Ek gaan beslus "Warm Bodies" in my kurrikulum insluit volgende jaar.

Saturday, 17 March 2012

As dood dan wel beskore is om met my verjaarsdag vereenselwig te word . . .

Source: Associated Press
Verlede jaar op my verjaarsdag het 'n groot aardbewing veroorsaak dat Japan met 'n reuse, hartskuddende, fratsgolf getref word en derduisende mense ontkom het. My broer het sy verjaarsdag wense aan my mos só gestel:

“Ek wens jou alle sterkte toe, en wens jou God se seën toe. Jou verjaarsdag is nou gelink aan . . . 'n natuurramp in Japan.”

As dood dan wel beskore is om met my verjaarsdag vereenselwig te word, dan kies ek eerder dié van Dr. Peter Goodwin, 'n Suid Afrika-geborene, wat vanjaar op my verjaarsdag tot sterfte gekom het met behulp van wettige bygestaande selfmoord, in die Staat van Oregon, VSA.

Dr. Peter Goodwin: "I don't want to go out with a whimper,
I want to say goodbye to my kids and my wife with dignity.
And I would end it . . ."

Dr. Goodwin was lank 'n kampvegter vir bygestaande selfmoord vir terminaal gediagnoseerde pasiënte in sy tuisstaat, Oregon, wat in 1994 oor die kwessie gestem het. Die resultaat was die wettiging van die “Death with Dignity”-wet in dié Amerikaanse staat. Dr. Goodwin het ook gehelp met die stigting van die organisasie Compassion and Choices wat terminaalsiek pasiënte en hulle families ondersteun en veg vir die keuse om met waardigheid te sterf.

Dis maklik vir mense wat nog nooit ware pyn en lyding in die oë gestaar het nie, wat nog nooit direk gesien het hoe 'n siekte 'n mens se menswaardigheid kan stroop nie, wat nog nooit beleef het watse las dit beide finansiëel en emosioneel op die geliefdes is, en gevolglik watse erge skuldgevoelens en droefheid dit in die pasiënt opwek nie, om bloot botweg bygestaande selfmoord as verkeerd te verklaar. In hierdie konteks is bygestaande selfmoord nie net 'n vorm van genade dood nie, dis 'n laaste uitvoering van 'n mens se Godgegewe vryekeuse—'n laaste oomblik van menslike waardigheid.

Ek kan hoor hoe roep party (Christenne) uit: “Dis nie Godgegewe vryekeuse nie! Dis sonde!” Om die lewensgeskenk weg te gooi is moontlik 'n sonde, maar die terminaalsieke gooi nie sy of haar lewe weg nie. Daardie lewe is reeds tot 'n einde. In 'n ander tyd sonder vandag se mediese vooruitgang sou so 'n persoon waarskynlik baie vroeër gesterf het.

Simson pleeg selfmoord in die Tempel van Dragon
wanneer hy die steunpilare omgooi en die gebou op
homself en die teenwoordige Fillistyne laat val.
Skildery deur Giovanni Benedetto.
Daarbenewens het die Bybel, sover ek weet, ook niks oor die onderwerp te sê nie. Inteendeel, daar is sowaar voorbeelde van sterftes wat as selfmoorde gedefiniëer kan word in die Bybel. Dink byvoorbeeld aan Simson wat tot die Heilige Gees gebid het om hom die krag te gee om homself saam met die Filistyne om die lewe te bring. Dan is daar ook Jesus wie se missie as Verlosser was om te sterf. Hy het die vermoeë gehad om sy dood te vermy, maar het gekies om dit nie te doen nie. Dit is waar dat Jesus gekies het om 'n marteldood vol pyn en lyding deur te gaan, maar dit is juis die punt—dit was sy keuse. Hy kon kies om dit vry te spring en Hy kon kies om dit te verkort, maar Hy het gekies om deur die lyding te gaan en so te sterf.

Op die ou einde is dit inderdaad Sonde wat lei tot sterfte—volgens die Heilige Geskrifte was dit daardie eerste Oersonde wat tot die dood gelei het, en dis ons ingebore sonde en die vloek van sonde oor die hele Skepping wat konstant elke mooi ding verwring, elke spesiale ding verweer, elke goeie ding verknog en alles tot sterfte dwing. Gun 'n mens tog, in so 'n gebroke wêreld, die keuse om met waardigheid te sterf! Moet nie vir 'n oomblik vir my probeer maak glo dat God behae het in 'n onnodig uitgerekte lang siekbed en gepaardgaande marteling nie. As ons mense, wat inherent sondig is, die wysheid kan insien om 'n siek dier se leiding te verkort, laat ek my nie vertel dat God van ons verwag om hopelose leiding te moet verduur nie. Gun dan ook vir my die keuse om nie 'n las, emosioneel of finansiëel, op my geliefdes te wese nie; ek wil dit nie aan hulle doen nie.

Sou ek van bygestaande selfmoord gebruik maak indien my gesondheid en welstand sodanig versleg en daar slegs 'n tyd van lyding voorlê nie? En daar slegs 'n uitgerekte swaarkry--emosioneel of finansiëel--vir my geliefdes voorlê? Moontlik. Ek sou ten minste die keuse wou hê om die marteling te verkort en my geliefdes van onnodige trauma te spaar.

My groot vrees is nie regtig die fisiese lyding nie. Eerder psigologiese agteruitgang en dimensia. Indien ek Alzheimers moet kry of iets soortgelyks waar die brein stelselmatig psigologies verbrokkel, sou ek graag die opsie wil hê om my lewe op 'n betaamlike wyse te eindig. Met “betaamlik” bedoel ek selfmoord wat nie gru is nie. Ek wil nie hê my geliefdes moet my vind met 'n gat in my kop, of my tong wat uitpeul met 'n tou om my swart gekneusde nek nie. Nes ek nie wil hê my geliefdes my moet onthou as 'n mal ou oom wat sy broek vuil maak, aggresief optree, of sulke dinge wat hulle mooi herinneringe van my besmet nie.

My herinneringe aan my eie moeder is só besmet. So erg was haar agteruitgang beide fisiek en psigies, dat dit omtrent elke mooi herinneringe wat ek van my ma het oorskadu. Ek kan skaars aan haar dink sonder om die gebroke, vernederde, patetiese, veronteerde wesetjie te herroep waarin sy verander het.

My pragtige ma.
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Geensins wens ek dat my ma selfmoord gepleeg het nie. Maar aan die ander kant, indien my ma 'n keuse kon hê om met meer waardigheid te kon sterf as die hand wat die lewe haar gedeel het, sou sy moontlik so 'n ander opsie waardeur het. Ek onthou nou nog op een geleentheid nader aan die einde van haar lewe toe sy 'n kortstondige oomblik van helderheid gehad het, hoe sy my met erns en trane in haar oë gevra het: “Hoe het dit gebeur? Hoe het ek so geword?” Hoe het sy van 'n eens dinamiese, onafhanklike, intelligente, pragtige, koninginagtige vrou verander in 'n verkrimpte, totaal afhanklike, siniele, kleuter? Indien dit met my gebeur dat ek met 'n soortgelyke lot getref word wat my moeder so verneder het, sal ek beslis oorweeg om van bygestaande selfmoord gebruik te maak.

'n Opinie omtrent bygestaande selfmoord


Ek nes my lewe in klam rooigrond:


'n pêreltjie—oënskynlyk leweloos—skiet
skielik 'n harige stertjie suidwaarts,
'n kordadige nekkie priem noorde toe;
die gevuisde lentegroen koppie
vou oop soos twee palmpies na gebed
of voor applous en glimlag vlinderlik.


Natuurlik, figuurlikgesproke het ek my lewe
só geplant en met die selfde aanmatigheid
wil ek, wanneer die tyd ryp is,
die pêreltjie weer oes—sagkuns ontwortel,
die lewensare se konneksie met die klam
rooigrond kortknip, die vlinder laat verwelk
en die korreltjie wat aan my geleen is teruggee.


Want, toe ek ontkiem het,
was dit 'n deftige—en toweragtige—affêre
en daarom wil ek ook op 'n betaamlike
manier sterf—sans towerkuns natuurlik—.

'n Saad ontkiem, en 'n lewe begin.
Image Source
Die verteller in my gedig, veral aan die aanvang van die gedig, is wel aanmatig. Hy praat asof hyself sy lewe begin het. Dit is natuurlik nie die geval nie. Ons het geen sê in ons begin nie. Dit was die keuse van ons ouers en die lewensasem van God wat die impetus van ons lewens was. Nietemin is dit tog 'n geskenk aan ons, en as ek 'n geskenk ontvang, behoort dit dan aan my en het ek seggenskap daaroor. Ja, ek het uit respek teenoor die een wat aan my die geskenk gegee het 'n verantwoordelik rakende die geskenk, maar dit bly allermins mý geskenk. As ek nie kan doen met my geskenk wat ek wil nie, was dit nie werklik 'n geskenk nie. Daar is verskeie maniere om my waardeuring te bewys vir my lewensgeskenk. Aan die eenkant is dit om volheid te lewe. Om die meeste te maak van die lewensgeskenk wat ek ontvang het; om die lewe ten volle te benut; om my menslikheid met menswaardigheid te ontwikkel. Aan die ander kant, kan geargumenteer word, dat my waardeuring vir my lewensgeskenk ook gedemonstreer kan word in hoe ek sterwe: “daarom wil ek ook op 'n betaamlike manier sterf”. Ek mag dalk nie aandeel hê in my begin nie; gun my dan aandeel in die manier wat ek tot 'n einde kom.

As my verjaarsdag dan geassossiëer moet word met sterftes, laat dit dan wees met 'n menswaardige sterfte waartydens die afgestorwene kans gehad het om vrede te maak met sy of haar lot, kans gehad het om totsiens te sê aan sy of haar geliefdes, kans gehad het om met waardigheid en 'n nugter verstand sy of haar lewe tot einde te roep, eerder as 'n uitgemergelde, ontmensde bondel, gestroop van alles wat eens mooi was. Laat my verjaarsdag dan met Dr. Peter Goodwin geassossiëer.

Wednesday, 16 March 2011

'n Verjaarsdag

Birthday Boy

Verlede Vrydag was my verjaarsdag. Ek wou toe al daaroor geskryf het, maar die tragedie in Japan het my verjaarsdagie na so 'n onbenulligheid laat lyk. Soos een blogger dit stel:

"Ek staan weer eens verstom oor die absolute nietigheid van die mens en die irrelevansie van die daaglikse denke, obsessies en bekommernisse en ‘n kaboel ander onbelangrike kwessies waarmee ons onsself besig hou."

Ek is in stemming met sy sentament.

My broer, in 'n e-pos om my geluk te wens, het dit natuurlik anders gestel, soos net familie kan:

"Ek wens jou alle sterkte toe, en wens jou God se seen toe. Jou verjaarsdag is nou gelink aan iemand se dood die dag voor dit, en 'n natuurramp in Japan."

'n Vriendin van hom se ma is die vorige dag aan kanker dood en daarom dan is my verjaarsdag weens kronologiese nabyheid -- ten minste in sy gemoed -- nie net verbind aan die Japanese tragedie nie, maar ook aan die tannie se afsterwe.

In elektroniese korrespondensie met 'n vriend moes ek erken dat:

"Ek moet net nie te veel dink oor Alexander die Grote nie en dat hy die bekende wêreld teen 32 verower het nie."

En voeg toe sommer ewe astrant by:

"Ek's darem op een manier beter is Alex. Ek het 33 gehaal . . . hy nie."

Soos verlede jaar het ek maar gewerk op my verjaarsdag soos dit 'n volwassene betaam. Op Vrydae het ek nie 'n swaar werkslas nie. Ek gee twee redelike maklike klasse -- al te saam drie ure lank. Anders as verlede jaar was daar nie 'n verassende wit kombers oor die Koreaanse landskap net -- daar was slegs die koue. Soos twee jaar gelede moet ek bieg:

"[M]y selfbeeld is gesond, ek is emosioneel en finansiëel onafhanklik. Ja ek sukkel nog met baie van die ou sondes van toe, maar nou is ek darem vertroud met my demone."

Ek is inderdaad in 'n plek in my lewe waar ek redelik goed vertroud is met myself.  Ek weet wat is my goeie punte; ek weet veral waar is my swakplekke. Dit is 'n deel van ouer word waaroor ek dankbaar is. Nie dat hierdie kennis my enigsins help om die "ou sondes" en "demone" te oorkom nie, maar ten minste skok hulle my nie meer nie. Ek is bewus van hulle onwelkome teenwoordigheid en weet al te goed dat ek nie "al te goed" is nie. Dit bring 'n nederige eerlikheid tot gevolg. 'n Eerlikheid wat selfvoldaanheid en selfgeregtigheid vinnig in die bek ruk.

Passion 5 Bakery
Die middag van my verjaarsdag het ek besluit om 'n oulike bakery waarvan ek gehoor het, genaamd Passion 5, te gaan opspoor. (Sien hier vir Google Maps aanwysings in Koreaans.) Ek vra toe sommer twee kollegas -- een van my departement en een uit 'n ander departement (hulle is vriende) -- of hulle lus is om saam te gaan vir 'n middag van gebak-verkenning. So bederf ek myself toe met allerande lekkernye. (Ek het hulle nooit gesê dis my verjaarsdag nie -- ek was nie lus vir die onnodige aandag nie. Een van my klasse het in elk geval vir my gesing vroeër die dag. Dit was genoeg joligheid wat my konstitusie kon hanteer vir een dag.)

Die volgende dag is ek genooi vir middag ete by my "African American mom". Sy het 'n paar mense genooi en lekker kosgemaak. Gewoonlik reël ek self  'n verjaarsdagkuiertjie, maar hierdie jaar was ek nie lus om enige iets te reël nie. Die Sabbatmiddagete was baie aangenaam al was die mederheid van die mense teenwoordig nie juis vriende nie. Daardie aand het ek die heel aand 'n Koreaanse reeks wat ek verlede jaar begin kyk het op my rekenaar gekyk, totdat ek die laaste episode so net voor sonsopkoms klaar gekyk het.

So tel die jare af . . .

Thursday, 11 March 2010

'n Dag in die lewe van...

Nie te slegte verjaarsdag nie. Niks spesiaals nie, maar darem nie so 'n onaangename dag soos verlede jaar nie. Dit was 'n vol dag met baie klasse; nogals uitputtend. Na werk is ek Taekwon-Do klub. My afrigter het aan my 'n geskenkie gegee -- 'n besigheidskaartjiehouer. Dis dalk 'n teken dat ek meer met my besigheidskaartjies moet begin rondloop -- my werk het juis onlangs vir my 'n pak besigheidskaartjies gedruk.  Na Taekwon-Do is ek uit vir aandete met 'n handjie vol vriende -- nogals 'n vreemde kombinasie: 'n kollega, 'n voormalige buurman, en 'n student.

Dit was ook my eerste "wit" verjaarsdag. Dinsdagaand se sneeu lê nog dik. Vandag het hompe sneeu soos plomp konyne uit die bome geploert. (Ek weet nie wat plomp konyne in bome sou maak nie, maar dis hoe dit vir my gelyk het -- konyne wat selfmoordpleeg en dan kamakazi vanaf die boomtakke af.)


Die foto hierbo is van die Engelse departement waar ek werk. Die sneeu die laaste paar dae het die onlangse koue die moeite werd gemaak. Dis eenvoudig pragtig gewees.

'n Interesante verwikkeling was toe 'n vriendin my kom vertel van 'n gemeenskaplike kennis ('n ander uitlander) wat gearresteer is omdat hy vermoedelik van sy (Koreaanse) studente gemolesteer het. Dit ontstel weens twee redes. Eerstens, natuurlik, omdat sulke dinge (seksuelemisbruik van kinders) my oor die algemeen ontstel. Tweedens omdat ek juis onlangs my ongelukkigheid uitgespreek het oor die Koreaanse media wat Westerlinge verkeerdelik uitmaak as almal pedofiele. Hierdie Westerling se gedrag bewys nou natuurlik die stereotipiese indruk wat die Koreaanse media van ons Westerlinge het korrek, en maak dit vir ander (onskuldige) onderwysers soos ek ongemaklik in my gasheerland.

Maar dit tersyde. Hierdie week in die Shakespeare-film klas het ons na die 1996 film Romeo + Juliet gekyk. Ek het al vergeet watse lawwe, maar uitmuntende fliek dit is. In my poësie klas behandel ons tans William Blake en het vandag gekyk na "The Lamb", "The Tyger" en "A Poison Tree". Terwyl ons die gedigte behandel is ek net opnuut beïndruk met hoe 'n goeie skrywer Blake was. "The Lamb" is op die oog af so 'n eenvoudige gedig, maar eintlik is dit baie komplekser as wat dit lyk. Baie komplekser. Ek wens ek kon meer tyd aan daardie gedig spandeer het, maar die studente is nog nie bevoeg met die nodige vaardighede om die gedig te desekteer soos wat ek sou wou nie. Nietemin, dit is 'n wonderlike geleentheid om sulke waardevolle letterkunde te kan doen; en dit boonop op my verjaarsdag. In die British & American Essays klas het ons vandag 'n essay van Francis Bacon gelees. Wat 'n inspirasie! Die man was eenvoudig 'n meesterlike skrywer.

Ek werk regtig baie hard en moet bieg dat ek pootuit is; maar ek het eintlik min om oor te kla omdat ek 'n werk het en dit boonop nog geniet ook! God is goed, Jesus leef -- wat meer is daar te sê?

"At Seventeen" -- or Thirty-Two



...and while we're at it, here's my favourite Janis Ian song:

Monday, 8 March 2010

Planning a Birthday

[Image Source: Party Planner Ideas]

It is my birthday later this week. In celebration I’m thinking of having some friends over on Sunday afternoon for dinner. This, of course, brings with it certain challenges – who to invite? My apartment is not very big, so I cannot invite too many people. Should I invite colleagues? How about my fellow Taekwon-Do practitioners? And if I’m going to invite martial artists, why not include members of the Hapkido and Brazilian Jiu-jitsu clubs as well? Since I’m thinking of having the gathering on Sunday late afternoon (I already have another appointment on Saturday night) it sort of excludes friends whom live geographically distanced from me. My friends outside of Seoul are unlikely to make it. (If you are living outside of Seoul but think that you may be able to make it, let me know!)

It seems that I will have to have at least two gatherings. Maybe one for a handful of local friends (and colleagues) this Sunday and another one for the Taekwon-Do group the following Sunday. I’ve been meaning for us Taekwon-Doin to go ice-skating; my birthday could be a good excuse to make it happen.

Of course, according to Korean culture I’m doing it all wrong. In Korea one never celebrates a birthday after the event -- it should occur either before or on the actual day. My birthday is during the week, but I just don't have any time to do it during the week. To celebrate it on the following weekend(s) is unheard of according to Korean tradition. I guess I shouldn’t invite any Koreans then…

Wednesday, 2 September 2009

Gelukkige verjaarsdag, Ma

Dit is vandag my ma se verjaarsdag. Sy sou 66 gewees het en as sy nog geleef en gesond was, sou sy goed gelyk het vir 66. In haar laat veertigs en vroeg vyftigs het sy haar jare gedra soos ’n dertigjarige.

Ek mis haar soms. Gelukkig is die lewe genadig deur ’n mens besig te hou met allerande dinge. Indien nie sou ’n mens heeltyd verlang het na die wat vêr of dood is.

Daar is tye wat ek graag met my ma sou wou gesels oor dinge. Verhoudingsprobleme is ’n voorbeeld. Ek onthou toe ek en my X nog saam was, was daar ’n paar geleenthede wat ek erg graag met ma oor wou praat. Nou steeds. Ek sou onder andere met haar wou gesels oor pasbaarheidskwessies – die feit dat dit moeilik is om ’n (vroulike) maat te kry wie by my pas. My eienaardighede, belangstellings, lewens-en-wêreldbeskouing, Godsiening, ensomeer maak dit geensins maklik om iemand te kry by wie ek pas nie. Buiten vir die pas wat hierdie abstrakthede betref, wat nog van seksueel-pas?! Soms ontmoet ek dames met wie ek op van hierdie bogenoemde dinge in stemming is, maar daar is geen seksuele vonk nie. En soms is daar die vonk, maar niks om ’n verhouding op te bou nie. Oor hierdie tipe dinge sou ek graag met my ma wou gesels. En soms is daar dinge wat ’n seun by sy ma oor wil spog. Ek kan nie vir dogters praat nie, maar as ’n seun is daar ’n differensie tussen dinge wat ek by my ma sou wou spog, en wat ek by my pa sou wou spog.

My ma se dood het nie vinnig gebeur nie. Steeds kan ek nie sê dat ek voorbereid was op haar afsterwe nie. Ja ek was voorbereid, in die sin dat die nuus van my ma se dood het my nie geskok nie. Sy was toe al baie jare siek en het skielik dramaties agteruit gegaan. So boos as wat dit mag klink, ek het baie keer gedink dat die dood ’n genadige oordeel vir haar sou wees. Haar siekte het haar so geweldig afgetakel dat sy ten laaste bitter min van haar eentydse glorie gehad het. Ek het haar sowat ’n week of twee voor haar sterfte gesien. ’n Bondeltjie, ’n verlepte hopie op ’n bed – skaars instaat om ’n verstaanbare sin te maak. Hierdie is ’n vrou wat kon praat. Ek meen PRAAT. Sy’t nie gehuiwer om haar sê te sê nie. Reguit en op die man af. Sy’t gebewe; ’n koue koors. Haar gesig vaal en haar hare wat eens ’n blossende wol rooi vlamme was, was nou yl, bros en grys. Ek het my rooikop by haar geërf. En haar glimlag – daar was geen glimlag meer nie. Die pyn, die verlies, die hartseer, die totale aftakeling het haar glimlagplooie vervorm tot plooie van verdrietigheid. Ek mis my ma se glimlag. Ook my glimlag het ek by haar geërf.

Dit is vandag my ma se verjaarsdag. Sy sou 66 gewees het en as sy nog geleef en gesond was sou sy goed gelyk het vir 66. En ek sou haar gebel het en dit vir haar gesê het.

Sunday, 15 March 2009

Omtrent ouer word

“Hoe voel dit om een-en-dertig te wees?”, vra ’n vriendin. Sonder skroom reaggeer ek – “Beter as een-en-twintig!” Op een-en-twintig was ek nog erg depressief met ’n slegte selfbeeld, emosioneel afhanklik van ander, so arm dat ek bottels moet inruil vir kleingeld om ’n brood mee te koop en vriende vir my moet instaan om my huur te kan bekostig.

Tien jaar later – depressie is onder beheer, my selfbeeld is gesond, ek is emosioneel en finansiëel onafhanklik. Ja ek sukkel nog met baie van die ou sondes van toe, maar nou is ek darem vertroud met my demone.

Een vriend skryf: “31 is nou nie naastenby so spectacular soos 30 nie, maar van nou af dink ek moet ons nie meer verjaar nie, eerder net herdenk.” ’n Ander vriendin (in haar sestigs) skryf vir my, “It is even better at 40”.

Wednesday, 11 March 2009

Verjaarsdagblues

Ek het nie ’n lekker verjaarsdag gehad nie. Dis nie dat ek juis ’n spesiale dag verwag het nie – ek dink glad nie dat my verjaarsdag juis anders as enige ander dag hoef te wees nie. Sulke kinderlike betowering is lankal reeds ontnugter deur die gryse werklikheid.

Tog, vandag was ’n besonderse slegte dag. Dit het reeds gisteraand begin nadat ek ’n e-pos van een van my broers ontvang het. Die e-pos was ’n verontskuldiging. Ek stem nie saam nie en het dit ook so gesê in ’n repliek. Sedert gisteraand, en die hele dag lank vandag, pla ons diskoers my. Ek is verbaas hoedat dit my ontstel het. Ek dink dit het ’n blik wurms oopgemaak en opgekropte gevoelens ontketel wat ek nou al vir ’n lang ruk onderdruk.

En toe boonop vanaand in Taekwon-Do het ek iemand seer gemaak. Dit was nie heeltemal my skuld nie maar ek voel nietemin sleg daaroor. Ons het geskerm (“spar”) – ek het ingekom met ’n skop, gelyktydig het my opponent ook ingekom, en op ’n manier toe tref ek hom met die knieg teen die kop (vermoedelik tel ek my knieë nogal hoog op). Onderstebo is die knaap toe. En dit is nadat die instrukteur my reeds gewaarsku het dat my verdediging te sterk is. Verbeel jou dit! ’n Verdiging is te sterk?! Die probleem is dat ek al vir ’n dekade en ’n half oefen aan my verdediging; dis kern tot my manier van veg; dis karakteristiek tot my tegniek. Voordat ek my studente enige iets leer van skerm, leer ek hulle hoe om ’n sterk verdediging te hê. Maar, sê die instrukteur, ek gaan my oefenmaats beseer weens my harde blokke. Ek veg nie normaalweg baie hard teen my oefenmaats nie, grootliks omdat hulle veel laer is as ek in rang. Maar vanaand het ek teen ’n mede 3de Dan geveg. Hy is aansienlik ratser as ek en daarom het ek nie soveel terug gehou as gewoonlik nie. Tog het ek ook nie volheid gegaan nie. Die slegte ding is dat dit nie die eerste keer is wat ek hom uithaal nie. Op ’n vorige skerm geleentheid het ek ’n spinskop gedoen en hom vol teen die kop getref – dankie tog vir die kopskerm wat hy gedra het. Hierdie voorvalle laat dit klink asof ek nie beheer het nie, en dit is geensins die geval nie. Dis bloot dat op ons vlak die gevegspoed aansienlik vinniger is en, mynsinsiens, my opponent in my tegnieke in beweeg. En dit is nie asof ek nie ook ’n bietjie deur sy tegnieke getref is nie.

Is ek besig om myself te probeer verontskuldig soos my broer? Net die gedagte ontstel my verder.

Dit was nie ’n lekker dag nie.

A Gift from a Friend

I received a link to this video from a friend and thought it quite nice.