“Hoe voel dit om een-en-dertig te wees?”, vra ’n vriendin. Sonder skroom reaggeer ek – “Beter as een-en-twintig!” Op een-en-twintig was ek nog erg depressief met ’n slegte selfbeeld, emosioneel afhanklik van ander, so arm dat ek bottels moet inruil vir kleingeld om ’n brood mee te koop en vriende vir my moet instaan om my huur te kan bekostig.
Tien jaar later – depressie is onder beheer, my selfbeeld is gesond, ek is emosioneel en finansiëel onafhanklik. Ja ek sukkel nog met baie van die ou sondes van toe, maar nou is ek darem vertroud met my demone.
Een vriend skryf: “31 is nou nie naastenby so spectacular soos 30 nie, maar van nou af dink ek moet ons nie meer verjaar nie, eerder net herdenk.” ’n Ander vriendin (in haar sestigs) skryf vir my, “It is even better at 40”.
No comments:
Post a Comment