Friday 20 March 2009

Muisneste

Hierdie week het ek myself al tweekeer uit my woonstel uitgesluit.

Die eerste keer was vroeër vanweek en moes ek na die "Maintenance Office" gaan sodat hulle vir my kan kom oopsluit. En toe nou weer vandag.

Toe ek dit vir een van my kollegas vertel, vra sy vir my: "What's on your mind?" Ek het nie besef dat dit my so erg affekteer nie; daar is inderdaad dinge wat my bietjie hinder sedert verlede week. My kop is vol muisneste -- ek's vergeetagtig en slaap sleg. Alles tekens dat iets nie juis is nie. Tog, as jy my moet vra hoe dit gaan sal ek heel eerlik antwoord: "Goed dankie."

Dis nogals amusant hoedat 'n mens issues kan onderdruk. Ondanks jok die onbewustelike simptome nie.

No comments: