Showing posts with label cats. Show all posts
Showing posts with label cats. Show all posts

Thursday, 25 April 2013

Cats & Dogs

Laura Miller, in her essay "Cat People vs. Dog People" provides the following succinct description of the points-of-view of Dog People vs. Cat People.

Dog people profess to be baffled by the cat person's affection for an animal that provides so little active amusement: Cats will not frolic for you in the surf or fetch sticks or point with their noses at a bird for you to shoot. Because cats can't be trained to do the same sorts of tricks that dogs do, they are considered to be less intelligent, and paratively aloof or indifferent to humans. Dog people think cat people are suckers for doting on sneaky, selfish creatures that only pretend to like people in order to get food and other goodies and that will never, say, jump into a raging, flood-swollen river to rescue a small child at the risk of their own lives, as the faithful hound supposedly will.

Cat people heap contempt on dog people for actually thinking a dog's devotion counts for much. A dog's love for its owner is, cat people say, entirely instinctual, indiscriminate and often unearned by it''s object; you are not loved for yourself but for the position you assume in the dog's life--anyone else would do as well. Therefore, dog owners must be so desperate for love as to be nearly undeserving of it. The willingness of dogs to learn tricks is a result not of their intelligence but of their dopey eagerness to please. That cats can't be bothered to sit or heel on command is, their partisans insist, a sign that they are more clever by half. Cats are also self-cleaning, slobber-free, hand when you've got a mouse problem and on't have to be walked.

The rest of Miller's essay is also well worth reading. I wrote something similar--with my cat preference clearly spelled out--back in 2009 in Afrikaans.

Personally, although I have had and loved dogs, I am undeniably a cat person. It is indeed the fact that one has to earn a cat's love, that I like about them. In this regard a relationship with a cat is more on an equal plane, rather than a master-subject relationship as is the case with dogs. But actually, I just find cat's very beautiful. A part of it is that they are hunters, I think. Dogs, like jackal, are mostly scavengers. Yes, dogs do hunt, but when they do it is usually as part of a pack, which reminds me a bit of gangs. Cats, on the other hand, would find the idea of being part of a pack, a gang, a posse, quite distasteful--as do I. I'm guessing that is part of it, isn't it? I don't like groups and am not someone to succumb to peer pressure. With friends I prefer the depth of one-on-one encounters, rather than the superficiality of a party.

I found the following video quite hilarious.


Saturday, 9 February 2013

Vacation, Cats, Cloud Atlas, and Being on Korean Television (sort of)

It's been a while since I posted something and I'm trying to think why that is. After all, I am on vacation so I should have lots of time to write stuff. Usually this time of year I find myself in South Africa, travelling from one place to another. However, this year, for the purpose of saving money I did not go to South Africa nor did a travel to any of the other countries here in Asia as I usually do. I'm happy that my decision has been fruitful, as I have now saved enough money for this coming semester's tuition fee. I'm starting a PhD program at a university here in Korea.

Since I have been saving a lot, I have not been doing many activities requiring much expenses. Being my vacation time I'm taking the opportunity to sleep in most mornings, I do some writing work in the afternoon, go to martial art training in the evening and come home to watch some things on my computer. I also do some reading.


Something interesting I did recently was that I visited a "cat cafe" in Korea. There are a number of these in Seoul. Cat cafes can basically be described as a cat-themed coffee shop. You pay a fixed amount, something like $8, and get a drink of your choice (e.g. coffee, tea, juice, etc.) and then hang out with cats. This particularly cafe I went to had an estimated 25 cats. There are all sorts of cat toys, platforms, tunnels, and humans for the cats to enjoy and copious amounts of food. It is indeed "cat heaven". I'm not allowed to have pets in my apartment, so this was a great way to get my feline fix!


I also went to see some movies recently -- the most memorable being Cloud Atlas. While books often make me want to see the film adaptation, I seldom have the opposite feeling. If I hadn't read a book, but did see the film adaptation of the book, I almost never feel an urge to go and buy the book on which the film is based. Cloud Atlas, however, did make me want to read the book and I might indeed do so still -- I just have too many other things on my reading list to make it an immediate priority.

There is one moment in the movie where a character writes to his lover saying: "an unfinished book is like an unfinished love affair". It really struck a chord with me, as I believe the opposite is very true as well. If you are in a relationship, it is important to let it run its course. Let the story come to completion. It might not be a happy ever after story, in fact it may even be a tragedy, but it is important for it to get to its end.

Half a story is not worth telling. 

The above is a little proverb I made up after watching the film and has become somewhat of a theme for me recently. It's about seeing things through to their end, about not starting anything lest I plan to complete it, about not doing things half-heartedly, about rethinking my priorities. It is also about going along for the ride, about enjoying the journey even though you may not know what the destination is, how the story will end. Yes, it is about relationships and allowing myself the space to just experience it, without torturing myself with worries if this is the one or not. 

In other news, the gym I train at literally made the Korean news as a human interest story with it's children's English Taekwon-Do program. I don't teach children so I wasn't really involved with any of this, but there is about 4 seconds of me towards the end of the insert. See below:

Saturday, 30 October 2010

Mouse vs. Cat

I like cats.



A friend, after seeing this video here, linked to it on her Facebook page with the following comment: "You can learn so much from cats. Ignore it or do something about it. Don't waste emotional energy."

Thursday, 12 August 2010

Sunday, 27 June 2010

My katte

Vannag voor middernag moet al die punte in die aanlynsisteem ingesleutel wees. Voor ek dit kan doen moet ek eers al die agterstallige vraestelle en opdragte klaar gemerk hê, en dan die punte in my Excel-dokumente insleutel om sodoende die studente se finale punte uit te werk, en slegs dan kan ek die finale punte in die aanlynsisteem insleutel. Ek’s nie seker hoeveel werk daar oor is nie, maar ek verwag dat ek nog lank in my kantoor gaan sit – moontlik selfs tot middernag. Maar my kop is êrens anders. My kop is by my katte. Ek’s ’n katmens.

Aangesien ek nie kinders het nie en teen die tempo en rigting waarin my lewe tans beweeg lyk dit onwaarskynlik dat ek ooit kinders sal hê—nie te praat van die feit dat ek eintlik nie kinders wil hê nie, is die naaste wat ek aan kinders kom my katte en my geliefdes se kinders. Ek het sover vyf katte in my lewe gehad. Elke kat het ’n eiesoortige spesiale plek in my hart en ek mis hulle. Soos ouers iets omtrent God se liefde leer in die liefde wat hulle vir hulle kinders het, so het ek ook baie geleer omtrent God en die unieke liefde wat ek vir elk van my katte gehad het, en steeds het.

My eerste kat het ek gekry toe ek sowat sewentien of agttien jaar oud was. Alhoewel ek al vir jare lank vir my ouers gesmeek het vir ’n kat, was dit eers op hierdie laat ouderdom dat ek ’n kat kon kry. My ma het altyd gesê dat sy soek nie ’n kat nie, want katte spring op kombuistafels. Dis onhegiënies. Wel toe ek so sewentien, agtienjaar oud is, toe het een van my vriende se katte ’n werpsel. Een van hulle het Siamesegelaatstrekke en ek is onmiddelik verlief. Ek het eenvoudig besluit dat ek soek daardie katjie.

Ek dink nie ek het eers my ouers se toestemming gevra nie. Teen die tyd was ek al oudgenoeg om te demonstreer dat ek na my troeteldiere kan omsien. Ek het alreeds deur die visse-, slakke-, konyne-, kuikens-, spinnekoppe-, sywurms-, rotte- en ander derglike fases gegaan. Ek het ook al twee honde gehad wat tot baie hoë ouderdomme (in honde jare, natuurlik) geleef het, om te demonstreer dat ek na my troeteldiere kan omsien. Ghuna het ek gekry toe ek ’n tjokkertjie was en hy het, ondanks ’n gebreukte poot, ’n lang en gelukkige lewe op die plaas gehad. Tyga het ek gekry toe ek sowat 10 jaar oud was. Ek en Tyga het letterlik saam groot geword. Jy is seker bewus van daardie ikoniese beelde van die plaasseun en sy hond wat in die veld hardloop en oor die plaashek spring? Wel dit was ek en Tyga. Ons het ure saam spandeer. Ons het saam in die plaasdam gaan swem. Ons het saam die veld gaan verken. Ons het selfs saam Taekwon-Do geoefen. Ek het my Taekwon-Do skoppe – op ’n gematigde spoed – op Tyga uitgeoefen en sy het, die ratse brak wat sy was, dit met redelik gemak ontduik en dan gehap-hap na my sodat ek ook moes koes. Sy was sonder twyfel die slimste hond wat ek nog tee gekom het. ’n Zimbabwese “retriever.” Basies ’n wit en swart labrador. ’n Wit familie wat gevlug het uit Zimbabwe tydens die 80s toe hulle plaas met geweld onteien is, was oppad Kaapstad toe (om sover as moontlik van Zimbabwe af te kom), en het een aand by ons op ons plaas oornag. Hulle het die hondjie daar by ons gelos. Dat ons eie plaas eendag onteien sou word deur ons eie regering kon ons in daardie tyd geensins indink nie; nietemin, dit is ook wat met ons plaas gebeur het. Ons plaas was teen ’n snelweg (die Ou Goue Hoofweg) en toe ek in my eerste of tweede jaar op universiteit was, is Tyga deur ’n bus op die snelweg doodgery.

My vriend het, toe die katjies grootgenoeg is om van hulle ma weggeneem te word, my Siameesgekleurde katjie daar op ons plaas aangebring. Ek het hom Tai-Chi gedoop. Tai-Chi was ’n baie gemaklike kat. Hy het altyd wanneer hy my kamer, wat op die derde verdieping was, binnegekom het, aangekondig met ’n oulike mieuau-groet. Hy’t rotte gevang soos dit ’n plaaskat betaam en waarop ek baie trots en dankbaar was omdat ek nie van rotte hou nie; ondanks ek op ’n tyd ’n witrot as troeteldier gehad het. As my eerste kat was Tai-Chi sekerlik die beste kat wat ’n beginner-katliefhebber kon hê. Ek het al ander katte beleef wat neulerig is, of net eenvoudig psigopaties is, maar Tai-Chi was die gemaklikste kat wat ’n mens kon indink. My jongerbroer het partykeer Tai-Chi om sy nek gesit en so rondgedra. Tai-Chi was heel gerieflik daarmee. Eendag het Tai-Chi net verdwyn.

My volgende kat was Shaolin. Ek was op universiteit. Dit was my tweede of derde jaar. Een van my vriende se kat het kleintjies gekry en Shaolin was ’n pragtige wyfie uit die werpsel. Shaolin was gryserig met van haar ma se tortoise-shell spikkels. Sy wild in geaardheid – baie anders as Tai-Chi. Sy was sonder twyfel ’n jagter en het partykeer haarself soos ’n hond gedra. Ek sou papierballe gooi wat sy dan gaan “vang” het en vir my terug gebring het – amper soos ’n hond wat ’n stok vir sy meester terug bring. Een van my gunsteling herinneringe van Shaolin was een aand na die reën toe die vlieënde reismiere uitkom. Ek en sy het gaan reismure vang. Ek weet sy het daarvan geëet. Ek kan nie onthou of ek ook probeer reismiere eet nie – maar dit sal my geensins verbaas indien ek ook reismiere gevang en dit dan later probeer braai het nie. Op daardie stadium in my lewe het ek baie geëksperimenteer met “kosse uit die veld.” Toe Shaolin sowat ses maande oud was, was sy op haar sexyste. Sy’t ook toe begin om buite die studentehuis se erf rond te loop. Ek is seker iemand het haar gesteel.

Whin-Chun het ek in ’n asblik opgetel. Ek was op my fiets oppad terug huis toe, toe ek die baba katjie hoor mieau. Uiteindelik het ek die gekerm opgespoor en die donkergrys katjie in ’n asblik gekry. Dit was Desember gewees. Ek het alleen in ’n studente huis gebly. Ek was sopas deur ’n verskeidenheid krisisse in my lewe. Die vorige jaar is my pa geskiet, my ma dood, en die familiebesigheid gevolglik bangkrot. Die huidige jaar is my meisie in ’n motorongeluk oorlede, my beste vriendin het breinskade opgedoen (sy’t gelukkig en wonderbaarlik daarvan herstel) en my beste vriend het die vrou van sy lewe ontmoet en dus nie veel tyd gehad vir sy depressiewe maatjie nie. Twee van my ander vriende – die een was ook in die motorongeluk, hy was die bestuurder, en die ander een het deur kwessies van sy eie gewerk – het ook aan depressie gelei en was tydens die vakansie by hulle onderskeie families. Ek was alleen, behalwe vir twee weke toe ek Whin-Chun gehad het. Die katjie was reeds siek (katsiekte) toe ek hom opgetel het. Ek het baie min geld gehad – amper niks nie – en die veearts wou nie eers na die katjie kyk nie omdat ek hom gevra het of ek hom kon afbetaal. Ek het gehuil. Toe Whin-Chun in my hande doodgaan het ek gesmeek en gebid en gehuil. Ek was bitter alleen en seer in daardie tyd.

Saju was my vierde kat. My jonger broer, na sy ervaringe met Tai-Chi, het ook intussen ’n katliefhebber geraak en aangesien ek reeds die ysgebreek het met ’n kat, was hy instaat om self ’n kat te kry. Die katte het toe kleintjies gekry en ek besluit toe om die lelikste een van die lot aan te neem en na die studente huis te neem die volgende jaar. Saju was regtig die lelikste dingetjie wat jy jou kon indink. Hy’t ’n brandsiekvelletjie gehad met yl haartjies en sy kop was te groot vir sy lyf. Eendag het iemand sardientjies geëet en ons besluit om vir Saju die visolie te gee. Die katjie het skoon gegrom as iemand naby die olie kom en het alles opgedrink. Maar kort daarna het Saju begin olie skyt. Al wat ek kon doen is om hom maar in die sandbak te sit en wag dat die ergste oor is. Daarna het ek Saju gaan sjampoo. Byna onmiddelik die volgende dag het Saju beter begin lyk. Sy yl haartjies het begin blink en kort voorlank was hy ’n spekvet olieblink katjie wat volkome vergenoeg was met die lewe. Saju het nooit gespring nie. Enige plek was vir hom netso goed soos ’n ander. Hy was my Zen-Buddhistiese katjie. Hy kon op enige plek lê en homself volkome gemaklik maak. Ek het by Saju geleer hoe om lekker te lê in obskure posisies – ek het by hom geleer van vergenoegdheid. Een aand het Saju onder ’n straatlamp gesit en serenade. Hy was ’n jong mannetjie en het begin bewus raak van wyfie katte. Dit was so mooi om hom so te sien, die straatlamp blink op sy glansende gryswitpels. Dit was die laaste aand wat ek hom gesien het. Ek verbeel my dat hy ’n wyfiekat gekry het en dat hulle êrens “happy ever after” saam lewe.

My vyfde kat is Juche. My vriendin – die een wat wonderbaarlik van breinskade genees het – het die lelike leepoog swart katjie op ’n brug opgetel. Sy ken was vel af en hy was eenvoudig verwilderd. Ek kan nie help om te dink dat iemand hom uit ’n kar gegooi het op die brug nie. Hoe anders sal so ’n klein katjie op ’n groot brug kom? As ’n kleinkatjie was Juche bang vir hoogte – seker sy brug-ervaring. As ek hom langs my op die bed of op ’n bank gesit het, het hy onmiddelik afgespring. Hy het altyd probeer om so laag as moontlik te kom. Hy het in ’n kartondoos langs my bed op die vloer geslaap. Juche was nooit heeltemal lekker nie. Sy kindertrauma het altyd by hom gebly. Ek het op ’n stadium (2003) na Natal getrek en Juche is saam. Hy kon ongelukkig nie by my in my rondawel bly nie – die oord het nie katte toegelaat nie. Daarom het hy gebly by ouers van my vriendin wie se huis nie te ver van my af was nie. Aanvanklik het hy lekker so gebly, maar die ouers het tot skei gekom. My vriendin se ma het Juche saam met haar geneem, maar hy het altyd terug geloop na die vorige erf toe. Op die erf het ’n ouma in ’n granny-flat gebly. Juche het nooit van “alleen-eet” gehou nie en die ouma en Juche het mekaar so gevind. Ek dink sy het ook nie van alleen-eet gehou nie. Maar eventueel het die tannie doodgegaan. Sommer so, sonder waarskuwing. Juche en die pa se bywyf het mekaar gevind. En alhoewel die pa nie juis van troeteldiere—veral nie die katte—hou nie, het Juche glo selfs saam met Pa en bywyf op die bed geslaap. Eventueel is Pa en bywyf ook uitmekaar uit en het bywyf Juche saam met haar geneem en bly nou glo gelukkig êrens in Richardsbaai. Al hierdie dinge het met Juche gebeur omdat hy regtig vir my gelukkig in Natal gelyk het. Ek wou hom graag saam met my terug bring Transvaal toe, toe ek in 2004 terug getrek het, maar ek het gedink dit sal wreed wees om hom weer te ontwortel in ’n plek waar hy duidelik gefloreer het. Ek mis my leepoog swartkat.

Ek mis al my katte. Ek wens dat ek nou weer vir my ’n kat as troeteldier kan aanskaf, maar ek het geen sekerheid oor my langtermynplanne nie. Dalk trek ek oor twee jaar terug Suid-Afrika toe, of miskien zirts ek Europa toe. Wie weet? Wat doen ek dan met my kat? Die idee dat die kat getraumatiseerd op die vliegtuig gaan wees en dan agterna êrens in kwarentyn aangehou moet word, is te veel vir my. Katte hou nie van kar-ry nie, wat nog te praat van ’n vliegtuig. Nee wat, ek sal dit nie aan ’n kat kan doen nie, en daarom sal ek nie nou vir my ’n kat kry nie – nie totdat ek meer sekerheid het oor waar ek langtermyn gaan wortelskiet nie.

Aai, maar ek mis my katte.

Sunday, 14 March 2010

Boobies & Kittens



I feel better. I think it was the kittens.

Wednesday, 9 December 2009

’n Liedjie vir katliefhebbers

Daar is katmense en hondmense. Af en toe kry jy ’n draadsitter, maar gewoonlik is katmense en hondmense redelik eens oor hulle onderskeie troeteldiervoorkere. Alhoewel ek as kind ’n hele rits honde gehad het, is ek sonder twyfel ’n katmens. Dit het my baie lank geneem om my voorkeur vir katte bo honde te tem. Intussen het ek tot die insig gekom dat ek nie honde kan blameer omdat hulle nie katte is nie. ’n Hond is ’n hond en kan nie daarvoor help nie.

Alhoewel hondmense soms hulle eenstemmigheid omtrent honde kan vokaliseer, raak hondmens nie juis so opgewonde oor honde soos katmense oor katte word nie. Ja daar is daardie groepies hondmense wat hulle honde na hondeskoue en parades toe neem, maar daardie tipe hondmense is ’n subkultuur binne die groter sfeer van hondmense. Katmense, daarinteen, is altyd opgewonde oor hulle katte. Hulle ken mekaar ook gewoonlik uit. Dis iets in ons houding teenoor die wêreld wat maak dat een katmens ’n ander katmens kan identifiseer. Ek vermoed dit werk bietjie soos “gaydar” – daar die telepatiese radar wat gay mense het om mekaar uit te ken.

Katmense kan ’n helegesprek hê oor hulle kat. Hierdie katgesprekke is ook anders as hondmense se kompeterende gesprekke. Katmense sal bymekaar oor hulle katte gesels, en terwyl hulle hulle onderskeie katte met mekaar mag vergelyk is dit nooit ’n “My kat is beter as jou kat”-gesprek nie. Wanneer een persoon se kat iets wonderliks doen (wat ’n ander persoon se kat nie doen nie), sal albei persone opgewonde wees. Die eerste persoon is opgewonde oor haar eie kat so spesiaal is. Die tweede persoon is opgewonde oor die uniekheid en wonderlike aard van die katspesie in geheel. Alhoewel elke katmens se eie kat(te) ’n baie spesiale plek in sy of haar hart het, is katmense ook gaande oor ander mense se katte – selfs die irriterende katte, omdat die irriterende katte ook ’n ander unieke aspek in die katpersoonlikheidspektrum uitbeeld.

Sekerlik die aspek van ’n kat waarvan katmense die meeste hou is dat katte nie so afhanklik, en irriterend onvoorwaardelik lojaal en beslobberendlief vir sy eienaar is soos ’n hond nie. Dis asof ’n hond geen keuse het nie. Honde is pakdiere en die eienaar is deel van die groep en dus ’n onvoorwaardelike instinktiewe waaistertverwelkomende deel van die hond se eie psige. Die hond beskik byna nie oor die vermoeë om nie-lief te wees vir sy eienaar nie. Soos elkeen wat hierdie ding mooi deurdink het sal weet, is so ’n tipe liefde ’n laer tipe, elementêre liefde – nie werklik liefde nie, eerder instink ter wille van die trop. Dit is wanneer “liefde” ’n vrye keuse vereis, dat dit werklik Liefde, in die ware sin van die woord, word. ’n Kat vereis ’n verhouding – dis nie onvoorwaardelik tropinstink nie, maar ’n gedeelde keuse wat albei partye aangaan om mekaar se kat en mens te wees.

Met honde is die orde grootliks gebasseer om die mens: “Ek is die mens, en jy is my hond.” Hierop reaggeer die hond, “Jy is my Meester, en ek is jou hond.” Die hond kontempleer nie eers daarop nie. Aan die anderkant sal geen selfgerespekteerde kat sal so ’n repliek “instinktief” gee nie. In ’n kat-mensverhouding is daar nie ’n “meester” nie. Die verhouding is grootliks gelyk, met effense variasie in die rolle afhangende van die vereistes van sekere situasies. ’n Kat-mensverhouding is veel nader aan ’n boesemvriendverhouding, as ’n goedgesinde meester-slaafverhouding.

Onderaan ’n liedjie deur Jack Off Jill oor haar “kat.” Dalk nie haar regte kat nie – nietemin, ek kry die gevoel dat sy wel ’n regte kat het, en dat sy inderdaad ’n katmens is.