Sunday, 9 November 2008

'n Surplus hoop

In 'n tyd wat ek veronderstel was om min hoop te gehad het, kort na 'n sekwens tragedies my lewe getref het, skryf ek die onderstaande gediggie. Dit dateer uit 2000/2001 as ek reg onthou. Vreemd, gisteraand in die bus oppad terug vanaf my Evil Dead: The Musical belewenis, spring die gediggie weer in my kop. Ek het dit jare terug getoonset, en die wysie en woorde het skielik weer kom kuier. Ek was verras toe die gediggie en deuntjie vanoggend nog steeds by my is. Dit is goed om hoop te hê...


Hoop

ek het 'n surplus hoop:
kaste vol sakke hoop
wat ek as geskenk gekry het
in die ogies van 'n kind
wat met reënboë daarin
na my gekyk het
ek het berge vol van hoop
:soveel baie hoop het ek

2 comments:

Joa said...

Wat van "hope vol hoop"(?). Dis hoe ek jou oorspronklike gedig heroep toe ek dit die eerste keer in 'n hospitaal bed (Potchefstroom)gele en gelees het. Goeie geheue of dalk my eie konfabulasie? Inelkgeval,hierdie gedig het duidelik 'n indruk op my gelaat en een van my eie geinspireer.

Skryfblok said...

Jy's waarskynlik reg. Die gedig het skielik weer tot my bewuste geklim vanuit 'n lang tyd gelede en dis moontlik dat ek dit verkeerd herroep. "Hope vol [van] hoop" klink bekend. Ek het nie die digbundel waarin die oorspronklike is hier by my in Korea nie...