Sunday 30 November 2008

Bio: Geboorte

Ek was gebore langs ’n klip in die Karoo. Ten minste, dit is wat ek vir mense vertel het as kind, elke keer as ek gevra is waar ek gebore is. ’n Hospitaal in Vanderbijlpark is tog so alledaagse antwoord. Wie wil nou juis in Vanderbijlpark gebore wees? In die Vaaldriehoek, van alle plekke. Langs ’n klip in die Karoo.’n Klip in die Karoo is nou nie juis beter as ’n hospitaal in Vanderbijlpark, in die Vaaldriehoek, nie, maar ten minste is dit ’n storie. Langs ’n klip. Selde word mense langs ’n klip gebore. Hoekom juis ’n klip? Hoekom die Karoo? Vroeg het ek begin om stories te vertel.

2 comments:

Lindi said...

Ons almal het ons eie verhaal omte vertel, en 'n sterjie daarby maak dit net meer interesante,

Mooi bly

Joa said...

:-)Soms moet mens jok, omdat die waarheid te veel na 'n storie klink. Soos die keer toe ek laat was vir my klas omdat baba katjies het met my tralie hek se sleutel gespeel het en dit by die balkon laat affal het terwyl ek binne toegesluit was. Beter om te sê "ek het verslaap".