Thursday 20 November 2008

Eerste sneeu

Dit het begin om liggies te sneeu. Die vlokkies bitterklein en smelt met kontak. Nietemin, dit is sneeu en veroorsaak 'n subtiele opgewondenheid in my. Ek hou van sneeu. Dis die kraakvarsheid daarvan, vermoed ek. Of die blote andersheid. Ek het allermins in die Transvaal groot geword en het net een of twee keer as kind sneeu beleef.

Vanoggend toe ek die woonstel verlaat was dit -4° C. Tans sê Yahoo! se weerkanaal dat dit 4° C is en dat dit môre weer gaan warmer word.

No comments: