sy flankeer met my,
lek haar kraakblou lippe af met ’n skilfer tong
en flankeer met my
haar koue linkerhand krewel my broek af
haar benerige regterhand speel met my hare
haar asem, lou soos die dood, walm vanuit ’n diep kasme
in my nek – die tyd vir vrek het aangebreuk
my siel slaan in sweet uit soos na seks
bevlek met onne:
onheil
ongeregtigheid
onbarmhartigheid
só flankeer sy met my,
en ek weet – nou’s dit tyd om te sterf,
af te sterf en die wêreld ’n reiner plek agter te laat,
’n bietjie purer: daar’s een sondaar minder
en daarvoor sterf ek gewillig
No comments:
Post a Comment