Verlede maand het Karen Zoid se “Beste van” album die lig gesien, genaamd “Ultimate Zoid.” Ek het twee Karen Zoid-albums. Haar eerste een, “Poles Apart” (2001) en haar 2005 album, “Media.” Op die laasgenoemde album is die snit “20 jaar” ontstellend vir my. Ontstellend mooi. Dis ’n song wat my wil maak trou en kinders kry, en jy weet hoe voel ek oor kinders kry! “Pleased to meet you” is ’n ander snit wat baie met my resoneer. Dit begin met die woorde: “They say that in your twenties, you try and find yourself...” maar gaan dan verder, waar jy in jou dertigs jouself weereens moet herontmoet. Die refrein lui: “Please to meet me / How am I? / Can I help me? / I must try...” Dit spreek met my omdat ek self nou in my vroeë dertigs is. Ek ken myself – het myself werklik in my twintigs leer ken, maar besef noudat ek in my dertigs is dat terwyl ek aansienlik meer seker is oor wie ek is, die reis nou eers begin het. Dat ek werklik nou eers kan sê, ek is bly om my te ontmoet, kan vra hoe gaan dit (werklik) met my, en kan wonder hoe ek myself kan help. In my twintigs was ek te onseker om eerlik te wees oor hierdie tipe vrae, en moontlik ook te selfsugtig om gesonde antwoorde op die vrae te kon bied.
Tussen “Media” (2005) en die huidige “Ultimate Zoid” (2009) het Zoid nog ’n album gemaak, “Postmodern World” (2007). Dan is daar ook “Chasing the Sun” (2003) tussen “Poles Apart” en “Media” waarop ek uitgemis het. Alhoewel ek nie vertroud is met hierdie twee albums nie, is seker dat beide waardevolle bydraes tot die Afrikaanse rocklandskap maak.
Byvoorbeeld het ek uitgemis op “Aeroplane Jane” en "Amper Stamper"
2 comments:
Ek deel jou liefde vir haar musiek. Sy is maar nou eenmaal baie talentvol!
Ek dink wanneer ek vroeg volgende jaar SA toe gaan, dat ek haar ander albums in die hande gaan probeer kry.
Post a Comment