Tuesday, 27 July 2010
Buite die oomblik
Saterdagaand het ek en ’n vriend, John, vinnig gekuier. Hy was in Seoul en ek het ’n boek gehad wat ek namens hom bestel het, so ons het gou ontmoet, die boektransaksie afgehandel, en bietjie opgevang wat in mekaar se lewens aangaan. Deur die gesprek het John my gevra of ek “okay” is, omdat ek bietjie “distracted” lyk. Ek het geweet dat sy waarneming korrek was, maar kon nie die rede daarvoor pluis nie. Gister in die Taekkyeon klas het die afrigter my ten minste twee keer gevra waaraan dink ek. Dit was duidelik sigbaar dat ek nie fokus nie. Vir iemand waarvoor die krygskunsdissiplines ’n byna daaglikse aktiwiteit is, kom die fokus op hierdie tipe oefening al van nature. As ek in die krygskunsklas is, dan is ek gefokus in wat ek doen – die res van my lewe bly buite die deur. Of ten minste is dit hoe dit gewoonlik gaan. Vanaand in die Taekwon-Do klas sê my Taekwon-Do afrigter vir my dat ek in ’n “ajjusi” verander het. Ajussi is Koreaans vir “oom.” Dit blyk heel opsigtelik dat iets nie pluis is nie, maar wat presies daardie “iets” is, is ’n misterie. Gisteraand toe ek bed toe gaan en 'n preek aansit soos my gewoonte is, het my gedagtes die heeltyd gedwaal en ek het byna niks van die preek gehoor nie. Iets in my onderbewussyn verhoed dat ek in die oomblik is (“to be in the moment”). Ek's buite die oomblik en weet nie hoe om terug te kom nie.
Psychology Today lys "Six Steps to Living in the Moment," maar ek's nie lus om dit nou te lees nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
......I have been asking you the same question as John....and I have noted the same as your instructor long time....take care...
Post a Comment