Friday 2 July 2010

Dagdroom


Ek wens ek het ’n geliefde gehad vir wie ek die volgende woorde kon sê:

"Jy raak aan my en vir die eerste keer voel ek myself. Jy kyk na my en vir die eerste keer sien ek myself. Jou oë tas my en jou vingerpunte sien my en ek voel reg nes ek is, want jy het my lief. Want ek het jou lief."

No comments: