Tuesday 16 March 2010

Seks vir plesier

Van alle onwaarskynlike plekke het ek het op hierdie Afrikaanse elektro-pop liedjie afgekom op 'n blog wat fokus op Koreaanse musiek! Die komponis is Will Mono en die vokalis is Jan Joknie. Die musiekvideo vir "Seks vir plesier" neig aan grillerig, maar die song is nie te sleg nie.



Ek het tot 'n skokkende insig gekom; alhoewel ek nie van tipiese pop-musiek hou nie, geniet ek wel goeie elektro-pop, byvoorbeeld die Japanese groep Sakanaction waaroor ek al voorheen 'n inskrywing gemaak het. Sedert ek verlede Oktober Sakanaction se album "Shinshiro" gekoop het, luister ek nog redelik gereeld daarna. En dis seker ook onnodig (en jammer) om te sê dat Sakanaction se musiek aansienlik beter is as Will Mono en Jan Joknie se "Seks vir plesier". Die song is nie heeltemal sleg nie, maar ek stem glad nie saam met Musical Alliance Pact wat dit beskryf as "catchy electro genius" nie. "Seks vir plesier" is okay, maar dis nog nie geniaal nie.

3 comments:

Unknown said...
This comment has been removed by the author.
Unknown said...

Thanks vir die inskrywing op jou blog, ek geniet al die feedback :) Will Mono

Skryfblok said...

Ek sien uit na toekomstige Will Mono musiek -- dis goed dat daar dinge in Afrikaans gebeur!