Monday 15 March 2010

'n Seleksie nuus

My jonger broer stuur elke dan en wan vir my 'n keur skakels van dinge wat hy meen belangrik is, of dink my sal intereseer. Gewoonlik is sy seleksie inderdaad interesant. Die volgende is hoofsaaklik uit die Beeld en Rapport.
 Ek kan nie help om stil te staan op hierdie punt nie; en moet wonder hoe dit verskil van die tipiese Generasie X (waarvan ek 'n sprekende voorbeeld is). Een van my grootste oorwegings vir my huidige werk is juis die lang vakansie tye wat ek het (omtrent drie maande per jaar!), gepaard gaande met die interesante vakke wat ek kan aanbied. Ek kan werk by ander meer aansienryke universiteite kry met groter salarisse, maar dan is my vakansietyd aansienlik korter (omtrent vier weke korter) en moet ek vervelige klasse aanbied.

    No comments: