Monday 22 March 2010

pyp-aanlyn maak dat ek min slaap

Die nuwe pyp-aanlyn webbladsy hou my uit die slaap uit. Saterdagaand het ek eers om-en-by drie uur die oggend in die bed gekom, waarskynlik later. Sondag was ek die meeste van die dag uit, maar die aand het ek verder aan die pyp-blog gewerk.

Vanaand (Maandagaand) het ek eers omtrent agtuur die aand by die huis aan gekom nadat ek in gebly het vir my “day job” om vooruit vir die res van die week voorteberei, anders bevind ek myself in die knyp later in die week. Sedert ek by die huis is is ek nog die heeltyd met pyp-aanlyn besig. Ek het intussen ’n Twitterlyn begin wat outomaties "tweet" sodra ’n nuwe inskrywing op pyp-aanlyn gepubliseer word. Na ’n lang ruk se gesukkel kon ek toe ook ikone vir beide die Twitterskakel, sowel as pyp se Facebookgroep stig.

Ek geniet veral die interaktiewe aard van die hele projek. Hier sit ek in Korea waar dit sneeu en werk aan die webblad; gelyktydig sit Alwyn in warm Suid-Afrika en plaas artikels. Maar die slegte ding is dat dit hou my uit die slaap uit.

Gepraat van slaap...

No comments: