Friday 12 February 2010

Vriende, Taekwon-Do, en Studies

Ek is nou al sedert Dinsdag by my Alma Mater en geniet dit om ou vriende en dosente te sien. Daar is drie redes hoekom hierdie punt in my Suid-Afrika toer belangrik is en hoekom ek byna twee weke lank hier vertoef. Eerstens, natuurlik, my geliefdes wat in die dorp woon.

Tweedens is my Taekwon-Do klub hier. Ek het Dinsdagaand die klas gaan afrig en was aangenaam verras met 'n paar nuwe gesigte. Duidelik oorleef en groei die klub steeds in my afwesigheid. Ek het die Taekwon-Do klub in 1998 begin, kort nadat ek my 1ste Dan swartgordel in 1997 verwerf het. Ek het die klub sodanig ontwikkel dat dit later moontlik was om dit te affilieer met die universiteit, sodat dit die eerste ITF Taekwon-Do klub geword het wat in Suid-Afrika erken is as 'n amptelik universiteitsport. Dit is dus geen geheim nie, dat ek baie sentimenteel is oor die klub. Dis my baba en sal altyd 'n trekpleister vir my wees om terug te kom.

Die derde hoofrede dat ek hier is, is om my PhD-studies te bespreek met die relevante rolspelers. Ek het Woensdag met die navorsingsdirekteur gaan praat en met hom my vordering bespreek. Gister het ek 'n bladsy-en-'n-half voorlegging en buitelyn vir my studies ingehandig wat dan beskou sal word deur die departement se dagbestuur, sodat hulle kan besluit op moontlike promotors vir my studie. Tot op hede het ek nog nie 'n promotor nie -- ek is slegs aanvaar tot die doktorale-program op grond van ander meriete. Hopenlik sal my studies hierdie jaar meer produktief wees.

2 comments:

morbidneko said...

Hi da!

As jy deur BFN op jou toer gan, moet jy beslis by ons kom inloer!!

Hoop nie ons het jou reeds gemis nie..

-C.L.

Skryfblok said...

Ek was deur die VS, maar het ongelukkig nie deur BFN gegaan nie...