Tuesday 19 January 2010

Nig, neef, genetika

[Image Source: LabGrab.Com.]

Dit was baie aangename om ’n niggie en nefie oor die naweek te besoek.

Irma is ’n hele paar jaar jonger as ek, maar ons het persoonlikhede wat gemaklik saam werk. Dis waarskynlik die kreatiewe streek. Ons het beide opleiding as grafiese ontwerpers, wat moontlik verder tot ons konneksie bydrae. Gavin is weer ouer as ek – ek dink so sewe jaar. Ons deel weer akademiese beroepe. Gavin is ’n navorser in robotika. Maar ek dink dis moontlik ander gedeelde belanstellings wat ons vriendskap dryf, byvoorbeeld filosofie, relegie, en ’n liefde vir taal en woordspelings.

’n Baie interesante ding wat Irma, Gavin, en ek deel is ons manier van praat. Irma is half Switsers, Gavin is half Engels, en ek is half mens, tog het ons dieselfde manier van praat. Ons intonasie is dieselfde, soveel so dat ander mense onmiddelik dit as ’n prominente ooreenkoms ervaar. Die vreemde ding hier omtrent is dat ons in heeltemal verskillende dele van die land groot geword het en dan is daar nog die generasiegapings wat ook in ag geneem moet word. Mynsinsiens moet die antwoord dus in ons gene lê. Wat ek nog interesanter vind, veral betreffende Gavin en myself is hoeveel ons persoonlikhede ooreenstem, selfs sover as belangstellings. Ek vind dit wonderlik hoedat genetiese materiaal ’n persoon se identiteit beïnvloed.

No comments: