Friday 29 January 2010

Ag tog, net nie politiek nie!

Die laaste paar weke is ek in 'n politiese oorloggie betrokke, rakende die sport waarin ek praktiseer. Ek wens ek kan noem dat ek wonderlike lewenslesse uit hierdie ervaring leer. Ongelukkig het ek nog niks geleer nie; slegs ou lesse herbevestig:


  • Ek hou nie van politiek nie.
  • Mense se egos is gewoonlik groter as die probleem.
  • As jy iemand in 'n outoriteitsposisie aanvat, moet nie verbaas wees as hulle buitengewoon aggressief terug baklei nie.
  • Moet nie edele "gentlemen" rusies verwag nie; verwag onder die belt gevegte wat met professionele woorde blink gesmeer is.
  • Jou integriteit, op gebou deur jare, beteken nie noodwendig veel nie. En jou politise opponent sal probeer om jou intergriteit in twyfel te trek.
  • Mense mag jou dalk in die stilte ondersteun, maar bitter min is bereid om saam met jou luidkeels in die geveg betrokke te raak -- al is die geveg wat jy stry namens hulle en ander.

Ek neem berusting in Winston Churchill se woorde:

You have enemies? Good! That means you've stood up for something, sometime in your life.

No comments: