Wednesday 6 January 2010

Hong Kong: Dag Drie

Maandag het ek oggend/middagete by 'n "Macau Restaurant" geneem. Macau verwys na die Portageuse invloed op Hong Kong se kosse. Na veel redekabel met myself het ek besluit om "Baked Rice with Sliced Abalone and Smoked Duck Breast in Honey Sauce" en "Cream Corn Soup."



Daarna was ek na 'n boekwinkel -- ek en boekwinkels . . .

Toe gaan soek ek na die voëltjie en goudvismarkte maar sonder sukses. Die kaart wat ek het noem dat dit nie volgens skaal geteken is nie, en nadeuse kan ek dit bevestig. Wyl ek nie 'n instinktiewe sin vir rigting het nie, is ek redelik goed met kaartlees. Mits, natuurlik, die kaart korrek is.

So na my onsuksesvolle soektog besluit ek maar om terug te gaan vir 'n ander toeriste aantreklikheid. Oppad strompel ek 'n ander (nie-toeriste) straatmark binne. Dit lyk op die tradisionele straakmarkte in Korea (byvoorbeeld hierdie een in Hoengseong), waar groente en ander kosse verkoop word. Die groente hier in Hong Kong is aansienlik groter. Die gemmerknolle is so lank soos uitgegroeide wortels (die grootte is nie duidelik te sien op die foto nie.) Daar was ook 'n skilpad wat probeer wegloop het waarvoor 'n klomp ou tannie gelag het. Die eienaar het geduldig die skilpad aan die oorkant van die straat gaan haal en hom terug gebring na sy vleisstalletjie toe.


My volgende doelwit was om die Sjinese teewaarderingsklas te gaan bywoon, net om uit te vind dat die tydelik toe is weens restorasies aan die teehuis. Die teehuis is in Hong Kong Tuine, so na 'n ruk se rond kyk (onder andere in die Tai Chi Tuin en Voëlpark) neem ek 'n bus om na Hong Kong se interesante geboue te gaan kyk.


Onder andere het ek die Hong Kong Bank Toring van nader bekyk, asook daardie ander groot gebou waarvandaan Batman in Dark Knight spring om die Hong Kong-bankier wat kop-in-een-mus is met die mafiabase te gaan vang, en terug te bring na Gotham City.



Daarna neem ek die tram om uit te kyk oor die stad, kom terug aarde toe en gaan eet iets by die ifc-arkade. Ek het sommer rolletjies en bessies gekoop en op die gebou se dak gaan sit en uitkyk op die pier. Dit was reeds aand, Kowloon se liggies pragtig op die horison en goeie cool jazz wat op die dak speel vir die gaste.


Uiteindelik gaan kyk ek toe weer die film Avatar, maar die keer in 3D. Avatar 3D is 'n heel ander belewenis, en as jy die geleentheid het om die film te sien stel ek voor dat jy dit in 3D sien.

Oppad na my kamertjie toe voel ek hoe my rug in spasma is van al die geloop vandag. So toe besluit ek sommer om 'n masseuring te kry. As iemand my ooit weer gaan vra hoe voel liefde, gaan ek antwoord: Soos 'n goeie masseuring.

No comments: