Wednesday 6 January 2010

Hong Kong: Die laaste dag

Ek het vanoggend vroeg uit die vere gekom sodat ek 'n Tai Chi klas kan gaan bywoon. Gevolglik staan ek toe teen agt op die pier en kyk na die oorkanste oewer, met 'n Sjinese oompie wat my en 'n groepie ander Hong Kongnese en toeriste deur 'n deel van die Tai Chi-vorm begelei. Die hele vorm is veels te lank om aan beginners toe te vertrou. Na die uur van diep asemhaling en stadige bewegings is ek rasend honger, maar besluit om eers te gaan stort en die meeste van my bagasie te pak. Daarna het ek iets gaan eet: 'n heerlike vegetariese maal -- gebakte groente en rys.


Ek kan nie mooi onthou wat ek die res van die tyd gedoen het nie. Het baie geloop, en weer op die dak van die ifc-arkade gaan sit. Uiteindelik het ek klas gaan bywoon omtrent tradisionele Sjinese medisyne. Die klas was effe te lank, en alhowel dit insiggewend was, was dit ook grootliks 'n bemarkingsmedium vir die kruiewinkel waarmee dit verbonde is.

So kom my Hong Kong-trippie tot 'n einde. Na die Sjinese medisyne klas is ek terug na my plekkie toe, gaan pak my laaste goeters en is vort lughawe toe waar ek aandete genuttig het in 'n restaurant met die meerderheid van my laaste Hong Kong Dollars.

En hier wag ek nou. Nog 'n uur en 'n half voor my vlug vertrek . . .

4 comments:

Lindi said...

..safe trip onward...traditional medicine???...can you share more on that time allow....

Mary-Jane said...

Dit klink asof dit 'n baie interessante en leersame vakansie was wat jy gehad het... Voorspoedige 2010!

Franco said...

Woohooo Sanko kom terug SA toe! Yay!

Lindi said...

Suid afrika...die eerste dag .....??