Wednesday 17 December 2008

Vloekwoorde

Image from Blue Kitchen's WTF-Random blog.

Onlangs, in Irak, is President George W. Bush met ’n skoen gegooi deur ’n joernalis tydens ’n nuuskonferensie. Twee skoene om presies te wees. Die ratse president kon die projektiele koes en het ongedeurd die beledigingde aanvalle oorleef. Om jou skoen vir iemand te wys, en meer nog, om iemand met jou skoen te slaan, en erger nog, om iemand met jou skoen te gooi, is ongehoorde beledigings in die Midde Ooste. Hierdie was vieslike beledigings teenoor President Bush. Nietemin was sy reaksie teenoor die beledigings heel kalm en het hy glo geen bitter gevoelens teenoor sy aanvaller nie.

Die rede is kultureel. In die Weste dra die skoen nie dieselfde simboliese beledigende waarde as in die Midde Ooste nie.

Lank terug toe ek nog ’n klongtjie was, het ek iemand in haar moedertaal gevloek. Sy het my die guns terugbewys deur vir my op dieselfde manier te vloek, maar in my eie taal. Meteens het ek besef dit klink darem maar aansienlik viesliker in jou eie taal.

Ek ken ’n vloekwoord of twee in ander tale waarin ek nie magtig is nie. Hierdie vloekwoorde, wanneer ek hulle sê, dra geen gewig vir my nie. Ek gril nie, of frons nie. Dis blote klanke. En al weet ek wat hierdie woorde in my eie taal (tale) beteken, klink dit net nie so erg soos my eie taal (tale) se vloekwoorde. Tog, indien ek dit vir iemand sou sê in sy of haar eie taal, sal dit ’n lelike belediging wees.

My pa het nooit die woord drek gesê nie. Vir hom was dit een van die vieslikste woorde. Hy het dit eenkeer geuiter, maar dit het baie geëis. Ek kon sien dat hy duidelik ongemaklik was. Alhoewel drek vir hom ’n taboe woord was het hy geensins geskroom om kak te sê nie. Laasgenoemde is ’n term wat ek baie aanstoot in het, terwyl drek vir my niks snaaks is nie.

Oor die algemeen vermy ek die gebruik van vloekwoorde. Tog vind ek vloekwoorde baie interesant. Wat is dit wat daaraan mag gee? Hoekom is woorde wat met seks te maak het, so gereeldelik juis vloekwoorde? Wie het besluit dat iets ’n taboe-woord is?

4 comments:

Lindi said...

Yes i think that was professional of him not to take any offense, culture goes a long way:-)

I agree sometimes in our languages( mother toungue ) things get easily understood:- Mhhhhhhhhhh

Joa said...

Yes, to be sworn in your mother toungue just feel more personal.

Although the word "drek?" is unfamiliar to me. Is dit Afrikaans? Ek het nog nooit so woord gehoor nie.

Plaas dit in 'n sin sodat ek kan leer hoe om dit te gebruik.

Skryfblok said...

"My drek stink nie soos jou drek nie."

Dis 'n woord in die Ou Afrikaanse Vertaling van die Bybel. Dit beteken "poefie".

Joa said...

O, kak?!!