Tuesday 30 December 2008

'n Rede vir trou?

Die rede hoekom ek met haar getrou het, sê ’n vriend vir my, is omdat sy altyd met iets nuuts vorendag kom. Dis sy opmerking na aanleiding van ’n smaaklike drankie wat sy vrou vir ons gemaak het met vars suurlemoenskywe en heuning. Ek kan nie help om te wonder wat gaan gebeur die dag as sy vrou se idees opraak nie.