Tuesday 2 September 2008

Skryf(/wers)blok

Die skrywer P G du Plessis is van mening dat skrywersblok nonsens is. Sy raad is dat ’n mens bloot in oefening moet bly. Skryf elke dag minstens 1000 woorde. Dit maak nie saak wat jy skryf nie, solank jy net skryf. En sodoende sal jy nooit ’n slagoffer van skrywersblok word nie. Jy mag dalk kreatiewe droogte ervaar – maar nie skrywersblok nie. En wat kreatiewe stimulasie betref, daar is baie truuks wat daarvoor help.

No comments: