Wednesday 3 September 2008

Laat vir klas

Vanoggend was ek laat vir my eerste klas. Dis eintlik ironies aangesien ek 'n uur vroeg by die gebou was om voor te berei (fotostate maak ensovoorts). Vanaf 8:30 het ons 'n vergadering gehad en 9:00 was die eerste periode.

Toe ek by die klas aankom waar ek dog ek moes klas gee, toe is dit nie my studente nie. By die sekretaresse kry ek toe die nommer vir 'n ander klaskamer, maar toe ek by die tweede klaskamer aankom toe is dit leeg. Uiteindelik, met die derde probeerslag, kry ek my klaskamer.

Dis glad nie 'n lekker manier om my dag te begin nie, en ook nie 'n goeie voorbeeld wat ek stel nie. Aai.

No comments: