In 'n vorige inskrywing het ek gepraat oor die vaagheid ("ambiguity") by die universiteit waar ek werk. Ek besef dat die vaagheid nie beperk is tot my werksomstandigheid nie. Dit is eintlik 'n Oosterse, en in hierdie geval, 'n Koreaanse, fenomeen. Die vaagheid lê baie diep. Dit is deel van die Kultuur, dis gewortel in die taal.
Ek het weereens bewus geraak van hierdie vaagheid tydens 'n onlangese klas waarin ek die Engelse sinstruktuur verduidelik het.
Wat is verkeerd met hierdie sin?: "doing it", vra ek. Vir ons is dit voor die handliggend. Die sin is onvolledig want dit kort 'n subjek. Maar in die Koreaanse taal is hierdie 'n waardige sin. Om die waarheid te sê, bloot "doing" is 'n volledige sin in Koreaans: Hamnida. Om te sê "Ek het 'n kat", sê 'n mens eenvoudig "'n kat is". In Koreaans word die ontbrekende inligting bloot aanvaar. Dit word uit die konteks afgelei. En as die konteks daartoe geen leidraad gee nie, dan word die vaagheid eenvoudig aanvaar. Daar hoef nie meer te wees nie. Sulke taalvaaghede spil oor tot in die res van die kultuur.
As dosent, en as Westerling, staan ek voor 'n tweespalk. Dis nodig om die vaagheid te verstaan; selfs persoonlik te probeer aanvaar. Tog, moet ek ook sekere duidelike verwagtinge skep by my studente, duidelike doelwitte bereik in my werk, duidelike uitkomste vervul.
No comments:
Post a Comment