Monday 22 September 2008

Jazz-kafee

Saterdagaand het ek en my Xhoza-vriendin, Lindiwe, na 'n jazz-kafee gegaan. Live Jazz Club het elke aand lewendige opvoerders. Dit is gewoonlik jazz, maar soms ook klassieke musiek kwartette en ander verskeidenhede.

Live Jazz Club is in HyeHwa, een van my gunsteling plekke in Seoul. Dit kos $8 om daar te gaan kuier. Die tafels is almal na die verhoog gedraai, sodat jy heeltyd die musikante kan beleef.

Dit was my eerste keer om na hierdie jazz-kafee in Korea te gaan. Ek was al by twee ander. Once in a Blue Moon is nogals 'n lekker plek in Apgujeong, maar dit is vreeslik duur. Jy hoef nie toegangsfooi te betaal nie, maar die verwagting is dat jy iets van die spyskaart af sal bestel en die spyskaart lys belaglike duur items. Die ander jazz-kafee wat ek besoek het is in Itaewon. Dit is waar al die Amerikaanse soldate in die laat nagte uithang. Dit was nie te lekker nie. Daar is nie goeie ventilasie nie, gevolglik brand al wat 'n opening is later van die rook. Soveer is Live Jazz Club my gunsteling jazz-kafee.

No comments: