Tuesday 16 September 2008

Apgujeong

Apgujeong is een van my gunstelling plekke in Korea. Dit is ’n baie welvarende deel van Seoul waar jy altyd mooi mense in modieuse klere en duur karre kan sien. Byvoorbeeld dié Ferarri. Ek het nooit gedink ek is materialisties nie, maar Apgujeong is verleidelik. Sy flankeer grootskaals en laat my wens ek is ryk en lieflik soos die Hollywoodsterre.

No comments: