Sunday 1 November 2009
Papiere en rooipenmerke
Ek het ’n hele klomp ure vandag afgestaan aan die nasien van vraestelle, opstelle, opdragte, en toetse. Ek en ’n vriendin het in ’n koffiewinkel gaan sit en merkwerk doen. Alhoewel ek baie gevorder het, is ek nog steeds nie waar ek wil wees nie en het nog steeds stapels wat lê en wag vir my. Al ding wat ek werklik nie van my werk hou nie is die hoeveelheid merkwerk wat dit behels. (Ek het ’n studente-assistent, maar universiteitsregulasies laat nie toe dat assistente met merkwerk help nie. Gevolglik vee sy my kantoor een maal per week uit en maak fotostate, maar nie van toetste en vraestelle nie.) Natuurlik besef ek dat dit 'n integrale deel van my beroep is, maar anders as silabusontwikkeling, klasvoorbereiding, klasgee, en fasilitering, is merkwerk die deel waarvan ek die minste hou. Dit herinner my aan skottelgoed was en klere struik -- ook items baie laag op my lys van hedonistiese plesiere. Dit vereis die intellektuele kapasiteit van 'n XT-rekenaar, en gee my 'n vae idee van hoe Marvin, die depresiewe robot in die Hitchhiker's Guide to the Galaxy-reeks, moet voel: "I've been ordered to take you down to the bridge. Here I am, brain the size of a planet and they ask me to take you down to the bridge. Call that job satisfaction? 'Cos I don't." My brein is nie die grote van 'n planeet nie, maar dit is aansienlik groter as 'n XT-rekenaar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment