Thursday 12 November 2009

Die goewerment maak my onrustig



(Image Source: Digital Journal)

Daar is al hoe meer en meer dinge omtrent Suid-Afrika, spesifieke die goewerment, want my onrustig maak.

Ek het in Augustus my mening gegee oor die nuwe Orwelliaanse wet rakende selfone wat geregistreer moet word. Intussen het iemand vir my ’n artikel aangestuur omtrent TV-lisensies wat moontlik gaan verval en met belasting verruil gaan word. Een persent inkomste belasting sal voortaan die gekose manier wees – ondanks die feit dat sommige mense, soos ek, nie ’n televisie het nie, ook nie ’n radio aanhou nie. Ek luister na my eie musiek, en kyk flieks op my rekenaar, lees boeke, en het allerande ander media, soos die Internet, wat buite die spektrum van TV-lisensies val. Waarom moet ek 1% ekstra inkomste belangsting betaal vir iets waaruit ek geen voordeel as belangstingbetaler gaan trek nie?

My broer stuur vroeër vandag aan my ’n ander nuusartikel waarin Edna Mamonyane woordvoerder vir Johannesburg se metro polisie sê dat “Citizens should not be surprised to see the army in downtown Johannesburg. We need them for protection and to keep us and the people safe.” ’n Staande weermag hoort nie aktief te wees in die land tensy vir nasionale krisisse nie. Probeer hulle ons mak maak aan die idee van die weermag in ons strate? Die gevaar van die weermag in ons strake moet binne die konteks gesien word van onlangse oproeringe en protes binne die weermag, en sprake van unies in die weermag. Ek is jammer, maar die idee van die weermag so aktief binne die land herinner my aan daardie Afrikalande waar die weermag staatsgrepe uitvoer. En ’n mens durf nie vergeet van wat in Amerika aan die gang is nie, met weermag en polisie wat saam die publiek onderdruk – G20, Pittsburg, any one?!

Maar wie moet ons meer vrees, die weermag of die polisie? Volgens ’n ander artikel (ook onder my aandag gebring deur my patriotiese jonger broer) gaan die polisie nou vrye teuels hê om te skiet soos nodig. Nou ja, ek weet nie van jou nie, maar ek is geensins gerus met die polisie nie. Dit het begin reeds toe ek op skool was, moontlik standard ses of sewe, en ons elkeen ’n toespraak moes lewer in die Afrikaanse klas. Die onderwerp: Wat is jou toekomstige vokasie? Tot my skok het feitlik elkeen van die boelies in die standard, al die “jocks” met min tussen die ore, en ’n honger vir mag en manipulering, ewe trots aangekondig dat hulle polisiemanne gaan word. En op daardie oomblik het ek geweet dat as hierdie karakters wat so graag ander afknou, wat self nie eens die skool reëls onderhou nie, eendag die polisiemanne in die gaan wees, dan is daar bitter min hoop vir ’n regverdige geregtigheid nastrewende polisie. Nou verbeel jou daardie boelies van ouds, met gewere en die toestemming om te skiet soos hulle lus het. Ek sidder... Nietemin verstaan ek dat die polisie die swaard dra, en gereg moet laat geskiet, veral in ’n land waar met een van die hoogste geweldmisdaadsyfers in die wêreld. Dit maak steeds nie dat my idee van die polisie ’n positiewe een is nie.My idee omtrent die polisie is natuurlik stereotiep en onregverdig, en om die waarheid te sê ek ken ’n handjie vol polisiepersoneel en hulle is glad nie die boelies van my skooljare nie. Maar my versigtigheid teenoor die polisie is ook nie ongegrond nie. Elke af en toe hoor ’n mens ’n nuusstorie wat jou hare laat regop staan.

No comments: