Wednesday 4 November 2009

Jim Reeves sing in Afrikaans?!

Dis 'n stukkie van die Afrikaanse geskiedenis wat ek heeltemal van onbewus was. In my voorbereiding vir my klas "Poetry in Music" (ons behandel tans "Country Music"), het ek op hierdie Afrikaanse liedjie deur Jim Reeves, afgekom. Ek weet dat Jim Reeves was 'n gunsteling onder die ouer garde (my ma het graag na hom geluister), en ek het self 'n album, maar ek het nooit geweet dat hy sy tone in Afrikaanse-waters gesteek het nie. Luister gerus na "In die skadu van ou Tafelberg."



Die son verrys oor die baai
waar die suid-oostewind waai -
'n Tafelkleed hang oor Ou Tafelberg.
Ek sien in my drome
die silwerblaarbome
in die skadu van Ou Tafelberg.
Daar is 'n traan in my oog,
wat my verlange verhoog,
terug na die skadu van Tafelberg.
Ek hoop om vir altyd
te bly sonder afskeid
in die skadu van Ou Tafelberg.
Ek hoop om vir altyd
te bly sonder afskeid
in die skadu van Ou Tafelberg.

2 comments:

Anonymous said...

Al wat ek vroeer van Reeves geweet het, is dat hy in 'n vliegongeluk dood is, nou weet ek dat hy in Afrikaans ook gesing het. Mooi woorde.

Anonymous said...

NS: Sy uitspraak herinner baie aan die van Tony Leon! :)