Wednesday 18 November 2009

Die moltrein in Korea

As mense my vra wat is my gunsteling ding omtrent Korea is my onmiddelike antwoord gewoonlik die uitstekende vervoerstelsel, en in besonder die moltreinstelsel. Dis vinnig, gerieflik, veilig, en relatief goedkoop. Ek spandeer baie ure op die publieke vervoer en ook baie geld vir my (amper) daaglikse ritte. Ondanks dink ek dit is steeds minder as wat dit sou gewees het indien ek 'n kar moes koop, assuransie moes betaal, jaarlikse lisensie gelde uitgee, en nie eens te praat van die brandstof nie. Verder is die verkeersknope in Korea soms iets wat jou nagmerries kan gee. Daarenteen is die moltreinstelsel feitlik ongeaffekteer van die motorverkeer.Verder is die publieke vervoer stelsel redelik maklik om te navigeer. Indien ek verdwaal raak in Seoul probeer ek net ondergronds kom en eens daar kan ek myself baie maklik op die moltreinkaart orienteer.

Daar is natuurlik negatiewe aspekte omtrent die pulbieke vervoerstelsel ook. Die vervoerstelsel kan jou feitlik enige plek kry, maar nie heeltemal enige plek nie. Daar is sekere natuurbesigtighede wat ek nog in Korea wil gaan besoek, maar waarby jy net kan uitkom as jy jou eie motor het. Verder is die publieke vervoer nie 24 uur nie. Op 'n Saterdagaand as ek uitgaan êrens heen moet ek altyd seker maak ek is soos Aspoestertjie terug by die treinstasie voor middernag. Dit is geensins ideaal nie, en dus moes ek al vele kere oorbly in 'n motel of by 'n vriend oorslaap na 'n laat kuier in die stad.

Ondanks dit is Korea se publieke vervoerstelsel steeds dekades voor Suid-Afrika.

Die YouTube-video hieronder is vanaf Arirang TV, 'n TV-stasie omtrent Koreaanse dinge in Engels, of met Engelse onderskrifte. Dis basies 'n grootskaalse "public relations" kanaal vir Korea. Ek kyk nie TV nie, maar my YouTube-rekening is geregistreer aan Arirang TV, gevolglik kan ek kort snitte sien omtrent dinge wat vir my interesant lyk.

1 comment:

morbidneko said...

you probably won't believe it, but i was wondering this morning, as i sat, irrevocably stuck in traffic, WHY doesn't SA have an underground train system, like the UK or US, or Korea, it seems.

In a country where unroadworthy taxis cause chaos where they go and as affected as SA is by poverty, one would think someone would have thought to get a similar system going here.

I'd love the saving on petrol, I really would. Especially now that the hubby and I pinch every 5c we get.

Good post, friend. It seems we are thinking in the same direction.