Ek het op 'n plaas groot geword. Ek weet dat dit moeilik is om op die oog af glo dat ek 'n plaasseun is, veral as jy na my uiteenlopende selfportrette kyk.(Wel, daar is darem die "Veldt"-reeks [1 / 2] wat verklap dat ek tog tuis voel tussen lang grasse.)
Soms verlang ek na die plaas. Die plaas -- daardie kern motief in Suid-Afrikaanse literatuur. In my geval bestaan die plaas nie meer nie. Ons plaas was onteien en letterlik oornag beset deur plakkers sodat daar vandag byna niks oor is van sy vorige glorie nie. Gevolglik, wanneer ek verlang na die "plaas", is dit 'n verlange wat geen lafenis het nie. Dis soos 'n verlange na 'n afgestorwene. En daarom hou ek van Jannie Moolman se "Ek verlang na dit," vanaf sy Hoëveld Kleure-album.
No comments:
Post a Comment