Monday 15 March 2010

Slaggat

In die vorige inskrywing is twee skakels gelys rakende nuus omtrent slaggate. Wel, tydens my kuier in Suid-Afrika oor Januarie en Februarie het ek die geleentheid gehad om sulke treffer slaggate, soos die een hieronder, eerstehands te beleef. Dit was omtrent opwindend om plek-plek soos 'n muis deur 'n doolhof te moet navigeer weens die toestand van die paaie. Die foto hieronder is geneem op die pad tussen Parys en Potchefstroom in die Noordwes Provinsie. Die slaggat is so groot dat 'n mens nie daarom kan ry nie -- jy moet letterlik van die pad af klim om dit te mis.

4 comments:

Anonymous said...

Die Potch-Parys pad was nog altyd 'n nagmerrie en ek wonder of hulle dit ooit sal regmaak.

Skryfblok said...

Laaaannkkk terug toe ek nog 'n voorgraadse studente was, het hulle daardie hele pad oor geteer. Ek dink dis die enigste manier om daardie pad te red, as dit weer vanvooraf oor geteer word. (Is "oor geteer" een of twee woorde?!)

BoerinBallingskap said...

Dis hartseer. Ongelukkig het al die besteding vir die wereldbeker-infrastruktuur na die groot stede gegaan, terwyl die platteland uitmekaarval. Dis oral in Afrika die geval.

Skryfblok said...

Ja, al wat 'n stad is beleef intense rep-en-roer weens die gebouery en geplaveiery. Ek hoop maar net dat dit alles die moeite werd is en dat die hele gedoente genoegsaam geld die land sal in bring om 'n wesenlike verskil te maak. Nie net vir die groot stede nie, maar ook vir die platteland.