Saturday 3 September 2011

Drie Gunsteling Gesange / Three Favourite Hymns

My gunsteling gesang is Martin Luther se "Ein feste Burg ist unser Gott" / "'n Vaste burg is onse God."



Wanneer ek sterf en iemand is lus vir 'n okkasie, dan is hierdie een van die liede, vernaam die Afrikaanse weergawe, wat ek sou geniet. Nie dat ek dit sal "geniet" in die letterklike sin van die woord nie -- ek glo nie 'n mens het enige voortlewende bewussyn na jou dood nie; ek praat van "geniet" in die figuurlike sin.

Nog 'n gunsteling is "What Wondrous Love Is This?"



'n Ander gunsteling is "Flea as a Bird". Sjoe!, was dit nou 'n gesukkel om 'n ordentlike weergawe op YouTube op te spoor. In die volgende videotjie kan jy darem die basiese deuntjie hoor.



Onderaan is 'n blues-versie:



What is jou gunsteling gesang ("hymn")?

No comments: