Monday 6 September 2010

Pohang: Homigot-Sonsopkomsplein

Op die buitewyke van Pohang ('n hawestad aan die ooskus van Korea) is 'n plein gebou ter ere van die nuwe millenium en die sonlig wat hier eerste aanwal gekom het. As ek dit reg verstaan is die Homigot-kaap die mees Oostelike punt van die Koreaanse skuureiland. Buiten vir die plein is daar verskeie ander strukture, insluitende 'n misterieuse hand wat uit die see uitkom. Die beeld vind sy maat aan land. Die twee bronshande simboliseer harmonie en voorspoed. Onder aan is 'n klompie fotos van die seehand en een van sy maat.

No comments: