Wednesday 21 April 2010

My droom

Die gesatureerde rooi ligtoring het ek in 2006 in Oido, Korea, afgeneem. Dit voel na 'n leeftyd gelede!

Toe ek jonger was het ek baie gefantaseer dat ek eendag ’n ligtoringoperateer sal wees. Dit is natuurlik bloot ’n verskoning om self in die ligtoring te bly. Dit klink vir my na ’n ideale werkspaket. Jy het gratis verblyf by die see met jou eie besonderse uitsig en al wat jy hoef te doen is om twee keer per dag die lig te gaan aan of af sit. Daar is sekerlik ander instandhoudingswerk wat met ligtorings gepaard gaan, maar oor die algemeen is jy vry met baie tyd om ander dinge te doen. My persoonlik voorkeur sal wees om tydens al my vrye tyd voltyds te skryf, te skilder, en ander kunsgedrewe projekte aan te pak.

Elke keer wat ek ’n ligtoring sien kom my ou herinneringe opnuut by my op. Ek wens ek kan in ’n ligtoring bly. Ek en my kat.Ek wens ek het ’n kat. Ek wens ek het ’n werk as 'n ligtoringoperateer en ’n kat.

5 comments:

BoerinBallingskap said...

Het ookal 'n hele paar vuurtorings hier in Korea op film vasgele. Dis baie spesiaal. Probeer, as jy kans kry, gerus die vuurtoring-museum in Pohang besoek - dis baie spesiaal.

Skryfblok said...

Ek sal beslis by Pohang 'n draai moet gaan maak. Dankie vir die wenk.

Boer, jy gebruik die term "vuurtoring;" is "ligtoring" 'n anglisisme, wat ek vanaf "lighthouse" verleen het?

Ek moet bieg dat ek hou meer van "vuurtoring," en die gepaardgaande assosiasies. Aan die anderkant, die Engelse "lighthouse" vergestaldt seker beter my dagdromery om in 'n vuurtoring te woon.

BluegrassBaobab said...

Die Pharos woordeboek (oorspronklik gedruk in 1952) se lighthouse in Afrikaans is vuurtoring. Ek skat dis aflei van die feit dat ou waarskuwingstorings se lig deur vuur of olielampe verskaf is.

Skryfblok said...

Dankie BB!

legolas said...

Ligtoring is beslis 'n anglisisme. Die naam vuurtoring is as gevolg van die vlammetjie wat oorspronklik moes lig verskaf. Soveel mooier woord as ligtoring. ;-)