Wednesday 29 October 2008

Studente, darem!

Ek het myself vererg vir my vorige klas, en die klas vroeër verdaag. "Teacher, your face is red", het een student opgemerk. "Yes," het ek geantwoord, "it is because I am a little angry and that's why I'm leaving now before I lose my temper." En toe stap ek uit.

'n Klomp van die studente het nie hulle handboeke klas toe gebring nie. Die teks wat ons gebruik is 'n werkboek met vrae, oefeninge en werksopdragte wat baie keer in die werkboed voltooi moet word. Daarsonder kan hulle nie deelneem in die klas nie. Toe ek van hierdie studente vra waar hulle werkboek is, is die antwoord "O, in my locker". Maw, die studente het nie hulle boeke by die huisvergeet nie -- hulle was net bloot te lui om na hulle locker, wat in die gebou is, te stap en die boek te kry. Ander studente het weer eenvoudig ander werk gesit en doen. En 'n klomp ander het gesit en gesels.

Daar was nog sowat tien of vyftien minute van die klas oor, en ek wou met 'n volgende deel van die werk begin, maar kon eenvoudig nie die studente se aandag kry nie. (Okay, dis nie heeltemal waar nie; daar is 'n hele groep wat wel aktief deelneem aan die klas en wie se aandag by die werk was.) En dis toe dat ek besluit ek gaan nou gaan.

Ek vermoed my geduld was veel minder omdat ek honger was. Soos 'n vriendin al opgelet het, ek raak nukkerig as ek honger is. Dit het eintlik al vanoggend begin. Ek het nie 'n goeie oggendete gehad nie, so my bloedsuiker was vermoedelik nie stabiel nie en hierdie week is die klasskedules aangepas weens aktiwiteit op kampus, gevolglik is my middagetes later as gewoonlik. So dit is heel moontlik dat ek 'n laer tolleransie vir disrespekvolle studente gehad het.

Die jammerte van die hele insident is dat die goeie studente kollaterale skade raak weens 'n vrotkol. As gevolg van hierdie vrotkol is ek nou negatief gesind teenoor die klas.

2 comments:

Joa said...

"Studente, darem" Dit kan jy weer sê! Ek word 7 maal 77 keer gestraf vir my eie gedrag toe ek 'n student was. Maar in my dae was daar darm nie ipods nie.

Dan het hulle nog die audacity om my te vra om vir hulle 'n getuigskrif te skryf! Wat skryf mens: "Mr. *** is a free spirited, calm and pleasant individual -he leaves his books at home and often sleeps in my class. He likes making jokes and is very popular amongst his peers."

Mary-Jane said...

Ditto. Het dieselfde ervaring hier. 99% doen gewoon nie hul huiswerk (waarop my volgende les moet bou) nie. En dan kyk hulle my met skaapoë aan as ek hulle daarna vra. Natuurlik is hulle dan ook baie verras en verontwaardig wanneer hulle swak doen. O wee...