Monday 20 October 2008

'n Naweek van Naruto


’n Groot deel van die naweek het ek afgestaan aan Naruto, ’n Japanese animasie-reeks. Feitlik die hele Saterdagaand (tot omtrent 2 vm) en die meeste van Sondag, het ek episode na episode van die Naruto Shippuuden reeks verorber. Maande terug het ek laas Naruto gekyk, maar die naweek het ek vanaf episode 55 tot epidose 79 gekyk. So ek is nou weer byna op datum. Ek dink die mees resente episode is nommer 80 of 81. Ek het reeds episode 80 met Engelse onderskrifte afgelaai en sal dit seker vanaand kyk.

Naruto is sonder twyfel my gunsteling anime. Ek volg die Naruto reekse nou al jare lank, sedert Naruto ’n seuntjie was. Intussen is hy ’n tienerseun.

Wat ek regtig geniet van Naruto is hoedat ’n mens lief raak vir hierdie fiktiewe karakters. En hoedat hierdie karakters en hulle verskriklike elende jou tot trane dryf, maar ook inspireer, maak lag, laat dink. Veral Naruto, wat ondanks haglike omstandighede weier om op te gee. Sy deursettings vermoeë is inspirerend vir beide die ander karakters in die storie en vir die kyker. Een blogger beskryf Naruto as die epitoom van entoesiasme. Wat ’n raak beskrywing! Naruto het ook ’n gawe om vriendskapsbande te smee -- om vyande in vriende te verander, wat vir my ’n mooi illustrasie is van die Christelike grondslag. (Die storie is nie Christelik nie; ek verklap bloot my lees daarin.)

Die van julle wat my ken sal weet dat ek is nie groot op etikette nie. Ek besit feitlik geen name brand klere nie en vermy dinge wat my in ’n boks plaas. Maar ek is beslis ’n Naruto-fan. En as ek ’n Naruto T-hemp in die hande kon kry het ek dit graag gedra. Om die waarheid te sê, ek is aarstigtelik opsoek na ’n Naruto-rugsak.

The image is from Tekkaus-blog.

No comments: