

Toevallig, 'n paar dae terug (27 September) en dus 'n paar weke na my bepeinsing van Paul Newman se oudword, en ons elkeen se oudword, lees ek dat hierdie legendariese ster oorlede is op 83 jarige ouderdom aan longkanker.
Ek is seker ek het al 'n fliek of twee van hom gesien, maar ek moes baie klein gewees het. Daarom het ek besluit om 'n Paul Newman fliek te kyk. Ek het Cat on a Hot Tin Roof, met Elisabeth Taylor as die mede-hoofrolspeler, by my departementsbiblioteek uitgeneem. As ek onthou en tyd het sal ek 'n resensie daaroor skryf.
Photos from Business Week and Awards Daily.
No comments:
Post a Comment