Tuesday 8 November 2011

Wenke vir die skryf van gedigte

Image Source
Ek het verlede semester 'n kort seminaar gegee in die skryf van poësie. Hier is drie (en twee-derdes) van my hoofwenke:


  • Maak abstrakte stellinge konkreet en konkrete stellinge interesant (deur die gebruik van beelde en simbole -- vergelykings en metafore).
  • Kommunikeer gevoel, maar vermy sentiment en clichés. 
  • Vermy (eind-)rym, tensy die gedig dit vereis. (Betekenisvolle binnerym skep 'eenheid' in die gedig en is wenslik. Daarinteen laat gedwonge eindrym die gedig na 'n 'rympie' lyk -- definitief onwenslik!)
Lekker skryf!

Sien my gedigte-blog: Ingelegde Lywe.

No comments: