Monday 7 November 2011

Kommunikasie is uitputtend

Is moeg.

Het sopas terug gekom na 'n kuier met 'n Koreaanse vriend. Sy Engels is so beperk soos my Koreaans. Jy sal nie glo hoe uitputtend dit is om in twee gebroke tale te kommunikeer nie.

Ek het die vriend seker 'n jaar en 'n half, moontlik twee jaar, gelede laas gesien. Volgens hom het my Koreaans baie verbeter. Persoonlik dink ek dat ek net 'n paar bywoorde by gekry het.

Dankie tog vir vertalende woordeboeke!

No comments: