Thursday 17 February 2011

Die tandarts en my ma

(Die titel klink na 'n oulike kortverhaal, doen dit nie?)


Ek's tans in Potch en het gister en vanoggend my tandarts besoek. Gister se besoek wat net 'n vlugtige ondersoek, maar vanoggend het ons bietjie werk gedoen. 'n Kleingatjie was aan die ontwikkel in een kiestand en mos skoongemaak en gevul word. Daarvoor was dit nodig om die senuwee in die area te verdoof.

Elke keer wat so deel van my mond verdoof word kan ek nie help om aan my ma te dink nie. My ma was die slagoffer van beroerte aanvalle wat haar mondsenuwee gestrem het. Sy het gevoel in dele van haar mond verloor. Dit het beide haar smaak en haar vermoe om te eet aangetas. Baie gesteld op haar voorkoms het my ma altyd 'n servet voor haar mond gehou wanneer sy geeet het, uit vrees dat kos uit haar mond mag val en dit enige aanskouers mag verontrus.

Ek sit tans in a restaurant om onggendete te eet en doen dieselfde. Omdat ek nie gevoel aan die regterkant van my mond het nie, weet ek nie of daar stukkies kos of spoeg aan daardie kant van my mond wys nie, en hou maar die servet voor my mond, vee gedurig af, en dink aan my arme ma.
Published with Blogger-droid v1.6.5

No comments: