Monday 12 November 2012

Benedikt Sebastian

My broer stuur nou net vir my die skakel vir hierdie YouTube video van Benedikt Sebastian (wat 'n koel naam!) se nuwe treffer "Los uit my taal".



Ek is nie bekend met Benedikt Sebastian nie en is altyd gretig om nuwe Afrikaanse musiek te hoor. 'n Vinnige besoek na sy YouTube-kanaal toon 'n hele maar elektro-pop danssongs met heel interesante videos. Dansmusiek is nie heeltemal my koppietee nie, maar Benedikt Sebastian se musiek is geensins 'n slegte wending in Afrikaanse musiek nie. Ek vind Benedikt Sebastian se snitte is baie meer luisterbaar as die tipiese Afrikaanse danstreffers (grillerige sokkiemusiek) of (naarmaak) ligte Afrikaanse musiek. Benedikt Sebastian se lirieke is, tipies aan dansmusiek, nie baie kompleks nie, maar dis ook nie eenvoudige niksseggend lirieke nie. Daar is 'n verassende diepte, 'n inteligente boodskap. Jy word vinnig bewus dat die liriekskrywer sowaar iets van waarde het om te sê, en dit laat jou baie maal terugsit en peinsend dink (dis nou as jy nie reeds op jou voete is en dans nie). Sy stem is ook verbasend ryk, en herinner bietjie aan die ouer Steve Hofmeyer.

Buiten vir sy webtuiste en YouTube-kanaal waar jy meer van sy musiek kan hoor,  het Benedikt Sebastian ook 'n tumblr-rekening.


3 comments:

BoerinBallingskap said...

Se ek mos nou die dag op 'n ander blog, dat die kruisbestuiwing wat plaasvind deur blogs, is een van die lekkerste dinge van blog. Ek het nie van hierdie musiek geweet nie en ek is bly jy het dit onder aandag gebring.

Ek stem saam met jou opinie oor sy musiek. Ek hou veral baie van die retro tema en musiek van "Reisiger van Tyd". Hierdie video en lied wat jy geplaas het is ook goed. MAAR ek glo hy is hier nie baie oorspronklik nie. Dis duidelik dat hy Die Antwoord se styl probeer na-aap. Dis jammer, want hy hoef nie ander (en veral nie 'n gutter-groep soos Die Antwoord) te probeer na-aap om sy eie musiek te promoveer nie.

Skryfblok said...

Ja "Reisiger van Tyd" is knapgedaan! Ek het dit aanvanklik ook in my skrywe ingebed, maar toe weer uitgehaal omdat ek nie die skrywe te veel wou bekrop nie. (Wat is "clutter" in Afrikaans. Ek het sommer die woordjie bekrop -- soos 'n volgestopte voëlkrop -- uitgedink.)

Ek weet nie hoeveel insae die musikant met die musiekvideos het nie. Gewoonlik is dit die musiekmaatskappye en / of die filmmense wat met die konsepte vorendagkom. Ek het nogals van die kraai gehou.

BoerinBallingskap said...

Kan nie nou dink aan 'n ander woord vir "clutter" nie, maar bekrop klink vir my sommer eersteklas! :)