Thursday 2 December 2010

Liefling -- Die Movie

My broer het onlangs die nuwe Afrikaanse musical "Liefling - Die Movie" gekyk en sê dat dit verbasend goed was. Ek geniet musicals en aangesien die laaste Afrikaanse musical film wat ek gesien het -- een met Ge Korsten -- jare gelede was toe ek nog 'n tjokkertjie was, sal ek graag wil sien waarmee hulle in 2010 voorendag kon kom.



Ek hoop dit wys nog in teaters teen die tyd wat ek in Suid-Afrika gaan aankom in Januarie. Dis, natuurlik, indien ek 'n kaartjie gekoop kan kry.

Ek is geensins 'n fan van ligte Afrikaanse musiek nie, en al weet ek dat Bobby van Jaarsveld (die hoofkarakter in die film) sy oomblikke het, sal die musiek nie noodwendig die rede wees dat ek die film wil sien nie. Ek wil net graag sien wat gebeur in Afrikaans deesdae. Ek verlang na Afrikaans. Boonop, dis nie al dag dat Suid-Afrika 'n musical maak nie en ek hou graag die Afrikaanse film bedryf dop.

No comments: