Friday 10 December 2010

Handtekening

Soms, wanneer ek na iets luister (byvoorbeeld 'n preek of 'n seminaar of so iets), dan teken ek graag. Ek is een van daai mense wat beter luister terwyl ek "doodle." Die probleem is dat ek nie altyd papier byderhand het nie. Dis nie noodwendig 'n probleem nie aangesien ek altyd 'n hand byderhand het. Onderaan is 'n tekening wat ek gemaak het, sommer so op my linkerhand.

No comments: