Tuesday 26 October 2010

Ek hunker na iets in Afrikaans

Ek is uitgehonger na Afrikaanse leesstof. Ek soek 'n boek wat ek kan lees op die moltrein. Maar hier in Korea is daar slegs drie Afrikaanse boeke op my boekrak. Die Mugu van Etienne Le Roux, Antjie Krog se 'n Ander Tongval en 'n digbundel, "om te lewe is onnatuurlik" van Gert Vlok Nel. O ja, en die Ou Vertaling van die Afrikaanse Bybel, alhoewel ek my Engelse Bybel meer gebruik. My karige versamelingtjie Afrikaanse boeke hier in Korea het ek elk reeds gelees (die Bybel ook).

Sal ek maar weer 'n Ander Tongval lees? Ek het dit die vorige keer baie geniet en dit is allermins kwaliteit Afrikaans.

As enige iemand my 'n groot guns wil doen, stuur asseblief vir my 'n goeie Afrikaanse boek!

En so van die Afrikaanse os tot op die Afrikaanse wa, hier is die Karen Zoid se nuwe single, "Bly By My":



Die album kom aan die begin van November uit, volgens die blog Singing South African-ness.

No comments: